{"id":45,"date":"2025-02-24T11:03:26","date_gmt":"2025-02-24T11:03:26","guid":{"rendered":"http:\/\/danroodt.com\/?p=45"},"modified":"2025-02-24T11:03:53","modified_gmt":"2025-02-24T11:03:53","slug":"vryheid-le-net-om-die-draai","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/2025\/02\/24\/vryheid-le-net-om-die-draai\/","title":{"rendered":"Vryheid l\u00ea net om die draai"},"content":{"rendered":"\n<p>Die meeste mense besef nie hoe opwindend die tye is wat ons nou beleef nie. Ek het langer as 25 jaar hiervoor gewag. Reeds in 1987 het ek besef dat die ANC &#8216;n ramp vir die land sou wees, by &#8216;n vergadering by een of ander Duitse kerkgroep wat naby Stuttgart gere\u00ebl is. Maar ons mense moes eers 30 jaar van kwasi-kommunistiese dwingelandy, plaasmoorde, taaldiskriminasie, armoede, werkloosheid, ens. deurmaak om hulle te oortuig dat ons nie langer s\u00f3 kan voortgaan nie.<\/p>\n\n\n\n<p>En toe kom <a><\/a>Trump&#8230; Reeds in 2016 het ek &#8216;n toespraak voor die Amerikaanse ambassade in Pretoria ten gunste van Trump gelewer. Sy eerste termyn was &#8216;n teleurstelling, maar danksy die sluipmoordpoging en alles wat Biden teen hom geslinger het, sien hy die w\u00eareld nou deur ander o\u00eb.<\/p>\n\n\n\n<p>Afrikaners is die enigste bondgenote waaroor Amerika in Afrika suid van die Sahara beskik! Ons het &#8216;n rol om te speel, maar veral het Amerika tans &#8216;n rol om namens ons te spe\u00ebl: hierdie kommunistiese zombies se greep op ons strot moet verwyder word. Dit kan nie gou genoeg gebeur nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Vryheid l\u00ea net om die draai. Maar ons moenie toelaat dat valse leierskap soos in 1994 alles verongeluk nie. In elk geval kan ons nie meer die parlement in Suid-Afrika ernstig opneem nie. Dis &#8216;n volslae klug en diegene wat daaraan deelneem, is bloot daar om salarisse te verdien en die heersende ideologie na te praat.<\/p>\n\n\n\n<p>Die paaiers en diegene wat &#8216;n kompromie met die verdrukker wil aangaan, moet opsy staan.<\/p>\n\n\n\n<p>Die Trumprevolusie in Amerika was iets geweldigs! Maar die revolusie gaan hierheen uitkring, so seker as wat ek hier voor my rekenaar tik. Die ANC is die swakste skakel in die ketting van die Trumpbewind se vyande. Dus gaan hy eerste waai!<\/p>\n\n\n\n<p>Die Suid-Afrika van ouds gaan weer soos &#8216;n feniks uit die as verrys! Onthou Paul Kruger se profetiese woorde op 7 Februarie 1881:<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Met vertroue l\u00ea ons ons saak oop vir die hele w\u00eareld. Hetsy ons oorwin, hetsy ons sterf: die vryheid sal in Afrika verrys soos die son uit die m\u00f4rewolke, soos die vryheid verrys het in die Verenigde State van Noord-Amerika. Dan sal dit wees van Zambesi tot ons Simonsbaai: Afrika vir die Afrikaners.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Afrikaner, Amerikaner, Eurokaner. Soos daardie Suid-Afrikaners wie se grafte ek so pas in Delvillebos, Frankryk besoek het, sal ons sy aan sy tot die laaste man veg. Nie dat ons tans met enigiemand handgemeen sal hoef te raak nie. Dis &#8216;n geveg met woorde. Al waaroor die zombiemag van die ANC beskik, is sy holle retoriek, sy rasseressentiment, sy leuens oor &#8220;die verlede&#8221;. En ons w\u00e9\u00e9t ons is beter en slimmer.<\/p>\n\n\n\n<p>Soos die woorde uit die pen van die Bloemfonteinsgebore skrywer, J.R.R. Tolkien, lui: &#8220;I bid you stand, Men of the West!&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die meeste mense besef nie hoe opwindend die tye is wat ons nou beleef nie. Ek het langer as 25 jaar hiervoor gewag. Reeds in 1987 het ek besef dat die ANC &#8216;n ramp vir die land sou wees, by &#8216;n vergadering by een of ander Duitse kerkgroep wat naby Stuttgart gere\u00ebl is. Maar ons [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":46,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[4],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/45"}],"collection":[{"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=45"}],"version-history":[{"count":2,"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/45\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":48,"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/45\/revisions\/48"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/46"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=45"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=45"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=45"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}