{"id":17,"date":"2024-06-15T11:52:42","date_gmt":"2024-06-15T11:52:42","guid":{"rendered":"http:\/\/danroodt.com\/?page_id=17"},"modified":"2024-06-17T06:44:51","modified_gmt":"2024-06-17T06:44:51","slug":"about-aangaande","status":"publish","type":"page","link":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/about-aangaande\/","title":{"rendered":"About | Aangaande"},"content":{"rendered":"\n<p>Dan Roodt is op 26 Mei 1957 in die Verre Oos-Randse hospitaal op Springs gebore. Albei Dan se oupagrootjies aan moederskant het in die Anglo-Boereoorlog aan Boerekant geveg. Sy grootoupa Botha is gewond tydens die laaste veldslag van die oorlog by Rooiwal op 12 Januarie 1902. Sy grootoupa Landau, die Jood, was \u2019n wapenhandelaar vir die Boere en die Engelse het blykbaar \u2019n prys op sy kop gesit sodat hy vir jare n\u00e1 die oorlog in ballingskap in Nederland moes woon en nie kon terugkom nie, omdat hy in \u2019n Brits-regeerde Suid-Afrika steeds tereggestel kon word.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan se pa is in die 1920\u2019s in Pretoria gebore \u2013 in die Krugerhuis waar daar destyds \u2019n kraamsaal ingerig is \u2013 en sy ma op Swartruggens in die destydse Wes-Transvaal. Sy pa het aanvanklik onder CM van den Heever by Wits Afrikaans studeer en was \u2019n tydgenoot, en vriend, van Koos Human, stigter van Human &amp; Rousseau. Hy het egter redelik tussen werke rondgeval en was al rekenmeester, prokureur en sakeman. Tydens Dan se pa se studiejare op Wits was Joe Slovo ook \u2019n student daar en reeds \u2019n vurige kommunis, terwyl sy pa en die meeste Afrikaanse studente aan die ander kant van die spektrum was, veral in die aanloop tot die 1948-verkiesing. Sy pa en ander studente het die Anti-Communist League by Wits gestig in \u2019n poging om Slovo, Wolpe en ander se invloed op die kampus teen te werk.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy ma was Hermine Landau en \u2019n boekhoudster en op \u2019n manier \u2019n rykmansdogter wat grotendeels in Johannesburg en half Engels grootgeword. Sy en Dan se pa het mekaar op \u2019n bootreis oorsee ontmoet, vertel Dan aan LitNet, wat sy pa vir die Afrikaanse Studentebond georganiseer het. \u201cMy ma was pragtig toe sy jonk was en in Switserland by een of ander bal het sy \u2019n asemrowende tabberd aangehad wat al die mans, Switsers \u00e9n Afrikaans, aan haar voete gehad het. My pa het nou nog foto\u2019s van hul reis na Europa doer in 1950 met al die swier en formaliteit, soos \u2019n gedrukte passasierslys op die skip, wat toe gebruiklik was.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Hermine en Pik Botha, destyds Minister van Buitelandse Sake, was neef en niggie. Sy ouma aan moederskant was \u2019n nooi Botha.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan onthou baie goed toe sy ma in sy kinderjare by \u2019n speelgoedwinkel, Carnival Novelty, in die middestad van Johannesburg gewerk het. Die gesin het destyds op Springs by Fusionweg 14, in die voorstad Casseldale gewoon en sy het elke dag met die trein ingery werk toe. Toe hy ongeveer vier jaar oud was, het sy vir hom die wonderlikste Duitse skopfiets met sulke dik wit bande en vlaggies voor aan die vurk van die werk af vir Kersfees saamgebring: \u201cLank daarna het ek nog met die skopfiets in Casseldale se strate rondgery. Toe ek ses was, het \u2019n vragmotor my op \u2019n trapfiets omgery en my ma wou vir jare daarna nooit weer vir my \u2019n fiets koop nie, dus was die skopfiets my enigste vervoermiddel as kind.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dan was na die ongeluk vier dae lank in \u2019n koma. Toe hy wakker geword het, was daar twee boeke langs sy bed: een van Pinocchio en \u2019n ander met sprokies. Die een met sprokies het hy nog altyd, hoewel die buiteblad met die jare verlore gegaan het. Dan het die sprokies aan sy kinders voorgelees en hulle het dit self ook gelees.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c\u2019n Ander insident wat ek goed onthou, is toe my ouma aan vaderskant van Piet Retief by ons kom kuier het. Ek was nog maar klein, seker net-net op laerskool of nie eens nie. Op die boekrak het ek&nbsp;<em>Die heks<\/em>&nbsp;van Leipoldt raakgesien en my ouma gevra om dit vir my te lees, min wetende dat dit eintlik \u2019n volwasse drama is wat in die Middeleeue afspeel. Ek het agter haar stoel in die sitkamer gestaan en luister. Toe sy by die deel uitkom waar die heks op die brandstapel verbrand word, het ek begin huil, maar wou nie dat sy ophou lees nie. Sy moes die drama vir my enduit lees.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMy pa was altyd \u2019n liefhebber van die Afrikaanse po\u00ebsie en het dikwels vir my AG Visser se gedigte voorgelees. Later het hy vir my vertel dat hy Visser as seun tydens die Depressiejare ontdek het toe \u2019n jong Stellenbosse student op hul plaas in die Oos-Kaap naby Dordrecht kom loseer het. Die student het \u2019n BA of iets gehad, maar kon weens die Depressie nie werk kry nie, behalwe as arbeider op die paaie. Daardie prentjie het my bygebly, die jongman uit die Depressie in sy buitekamer op die plaas wat vir my pa Visser voorlees en ek op my beurt wat weer dieselfde ritueel in ons huis op Springs deurgemaak het.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cSoos vele mense van sy geslag was my pa \u2019n groot aanhanger van A Roland Holst. Die Nederlandse digter was in die 1940\u2019s op besoek in Suid-Afrika en moes \u2019n groot indruk op my pa gemaak het, want reeds op laerskool het hy benewens Visser, Celliers en die klassieke Afrikaanse digters, ook Holst aan my voorgedra. Die Nederlands was vir my maar effe vreemd op die oor, maar iets van die hartstog wat my pa vir Holst gevoel het, het tog tot my deurgedring.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In 1963 is Dan op vyfjarige ouderdom na die Laerskool Christiaan Beyers. \u201cOns het sulke blou kleurbaadjies met bre\u00ebrige strepe gehad. Aanvanklik het ek nie \u2019n skoolbaadjie gehad nie en het sommer \u2019n ander baadjie skool toe gedra, darem met die skooldas en -hemp. In my graadeenjaar is ons mooi jong juffrou (ek dink haar van was Fouch\u00e9) in \u2019n motorongeluk dood; dit was vir die hele klas traumaties. Daarna het ons juffrou Meyer gekry \u2013 ietwat ouer en streng. Sy het nie veel van my gehou nie, want ek het soms nie my huiswerk gedoen nie en dan het sy my langs haar tafel laat staan en my agter op die bobene geslaan. Ek kon egter reeds lees en het ander belangstellings as die skoolboeke gehad!<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns onderwyser in graad vier en vyf was mnr Swart en hy het nogal van my gehou, want ek was die slimste seun in die A-klas. Daar was wel \u2019n meisie of twee wat my net-net gewen het, maar waarskynlik nie in wiskunde of rekene (soos dit destyds op laerskool genoem is) nie. Aan die einde van standerd vier het ek hoofseun van Laerskool Christiaan Beyers geword en so \u2019n aanspeldbalkie met \u2018Hoofseun\u2019 daarop ontvang. Dit was min of meer die laaste keer dat die Afrikaner-establishment my enige erkenning gegee het!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In daardie tye het Christiaan Beyers taamlik grandiose operettes aangebied en het Dan ook in \u2019n paar gespeel, in satynkostuums wat die ma\u2019s met patrone en al moes maak, maar nooit die hoofrol nie. \u201cEk was seker nie veel van \u2019n akteur of sanger nie. Aan die einde van standerd vyf was daar \u2019n afskeidsplegtigheid waartydens ek \u2019n toespraak moes maak. Blykbaar kon ek nie te sleg gevaar het nie, want \u2019n onderwyseres het agterna vir my ges\u00ea dat ek \u2019n advokaat behoort te word.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het al die ligte kinderboeke en gewilde literatuur gelees. \u201c<em>Trompie<\/em>,&nbsp;<em>Saartjie<\/em>,&nbsp;<em>Die Uile<\/em>,&nbsp;<em>Jasper<\/em>&nbsp;en die Jan van der Post-boeke oor die Boesmans het ek verslind. Destyds was daar ook heelwat vertalings van Europese kinderboeke in Afrikaans en die laerskoolbiblioteek was goed voorsien van alles wat daar in Afrikaans beskikbaar was. Maar ten minste een keer per week of elke twee weke het my ma ons na Springs se dorpsbiblioteek geneem. Nadine Gordimer vertel ook iewers van Springs se pragtige biblioteek waar sy vir die eerste keer \u2019n belangstelling in lees en letterkunde ontwikkel het. Die styl van die gebou was so iets tussen Edwardiaans en Art Deco. Trouens Springs se Art Deco-brandweerstasie is as \u2019n nasionale monument verklaar as ek dit nie mis het nie. \u2019n Klompie jare gelede het ek die ou dorpsbiblioteek weer gaan opsoek en groot was my teleurstelling om te sien dat dit intussen \u2019n Indi\u00ebrklerewinkel geword het, met die biblioteek wat na \u2019n groter en meer moderne gebou verskuif is.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het ook die Olaf Bouwer- en ander boekklubboeke begin lees. In standerd drie het Dan lid van die Olaf Bouwer-boekklub geword. Olaf Bouwer was \u2019n Afrikaanse James Bond wat vir \u2019n organisasie genaamd SS-15 gespioeneer het. SS-15 het uit vyftien pro-Westerse lande bestaan, waaronder natuurlik Suid-Afrika. Hy onthou dat hy sy ma gevra het of hy kon aansluit en sy het dadelik daartoe ingestem. \u2019n Mens het R1,00 per maand betaal en het dan maandeliks \u2019n spanningsverhaal per pos ontvang, in hardeband.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het nooit veel Engelse kinderboeke gelees nie, net Afrikaans, dus het Enid Blyton nie \u2019n rol in sy opvoeding gespeel nie. Maar so van ouderdom tien tot twaalf het hy begin om Engelse speurverhale te lees, veral Ian Fleming se James Bond-reeks. Dan en Ian Fleming is op dieselfde dag, 26 Mei, gebore. Dit is ook di\u00e9 dag waarop die destydse Nasionale Party die 1948-verkiesing gewen het en Jan Smuts sy setel in Standerton verloor het.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan meen die 1960\u2019s, toe hy op laerskool was, was die Afrikaner \u2013 en Afrikaans \u2013 se Goue Tyd: \u201cDaar is soveel boeke gepubliseer, letterkunde, vertalings, gewilde fiksie, ook die fotoverhale van Mark Condor en ander helde. Daar was nog nie televisie in Suid-Afrika nie en die radio was di\u00e9 medium. As ek smiddae van die skool af huis toe geloop het, kon ek die Afrikaanse vervolgverhale op Springbokradio volg, want die radio in elke huis was daarop ingestel en die huisvrouens was besig om na&nbsp;<em>Die Geheim van Nantes<\/em>&nbsp;te luister. Dan was daar Fanus Rautenbach se&nbsp;<em>Staal Burger<\/em>&nbsp;waarop ek versot was en waarna ek saans op \u2019n klein transistorradiotjie onder my kopkussing geluister het.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk was veronderstel om vroeg te gaan slaap en mag nie n\u00e1 agt- of nege-uur gelees het nie, maar ek het \u2019n penflits gehad en het gereeld onder die komberse die boek klaar gelees waarmee ek besig was. Ek kon een of twee kinderboeke in \u2019n dag klaar lees. Op \u2019n dag in standerd vier het die bibliotekaris by die skool, mnr Marais, gevra waarom ek \u2019n boek wat ek die vorige dag uitgeneem het, weer wou teruggee. \u2018Maar meneer, ek is klaar daarmee en wil weer \u2019n nuwe boek uitneem!\u2019 het ek geantwoord. \u2018Moenie vir my lieg nie, man, jy kan nie \u2019n boek in \u2019n dag klaar lees nie,\u2019 was sy repliek. Ek meen hy het my agterna oor die boek se inhoud ondervra en natuurlik kon ek hom presies vertel wat daarin staan, waarna hy verle\u00eb my toegelaat het om \u2019n nuwe boek uit te neem.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dan vertel verder: \u201cEk was ook \u2019n Voortrekker en op een van my skoolfoto\u2019s dra ek die groen uniform van die Penkoppe destyds. Van die ander kinders het Woensdagmiddae na die kinderkrans by die kerk gegaan, maar in weerwil van my gesmeek om ook te gaan, wou my pa nooit dat ek kinderkrans toe gaan nie. My ouers was nooit baie godsdienstig nie, hoewel hulle NG Kerk-lidmate was. My pa het \u2019n meer sekul\u00eare en filosofiese w\u00eareldbeskouing gehad. Soms het hy die Bybelse skeppingsverhaal as \u2019n \u2018klomp snert\u2019 beskryf. Op \u2019n vroe\u00eb ouderdom het hy my al van Sartre, Camus en hul eksistensialisme vertel, alles dinge wat my nuuskierigheid en leergierigheid geprikkel het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In 1970 is Dan na die Ho\u00ebrskool Helpmekaar in Johannesburg. Die Afrikaanse ho\u00ebrskool in Springs, Hugenote Ho\u00ebrskool, het nie Latyn aangebied nie en daar was \u2019n moontlikheid dat hy regte sou gaan studeer na matriek. Sy pa het ook op Helpmekaar onder die bekende Oubaas Brink gematrikuleer in die 1940\u2019s en was dus \u2019n groot voorstander van die seunskool teen die bult in Braamfontein.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cAanvanklik was ek in die koshuis wat met ontgroening en afknouery deur die groter seuns gepaard gegaan het. Die re\u00ebls van die oerwoud het in daardie dae in die koshuis gegeld; tog het \u2019n mens \u2019n soort sto\u00efsisme en deursettingsvermo\u00eb ontwikkel wat later in jou lewe handig te pas kon kom. My kamermaat in standerd sewe, Neels Blom, was in 1976 in die Angolese oorlog en volgens hom was dit nie so erg soos die Helpmekaar-koshuis nie!<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cSo \u2019n paar jaar gelede het ek die re\u00fcnie van 1974 se matrieks bygewoon. Ons het in die koshuiseetsaal ge\u00ebet en almal het baie nostalgies geraak. Destyds het ek dit nooit vermoed nie, maar daar is \u2019n sterk band tussen ons klomp seuns by Helpmekaar gesmee en nou nog kom ek ou skoolmaats of \u2013kennisse te\u00eb wat belangstellend uitvra en steeds met trots na ons skool verwys.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dan het op ho\u00ebrskool, soos op laerskool, baie gelees en toenemend klassieke boeke en die Afrikaanse letterkunde gelees. Hy en Neels Blom het&nbsp;<em>Swart pelgrim<\/em>&nbsp;van FA Venter gelees tot n\u00e1 ligte-uit in die koshuis waarvoor hulle ook in die moeilikheid gekom het. Dit was sy eerste blootstelling aan \u2019n roman met \u2019n politieke strekking en dit het Dan nogal aan die dink gesit oor die regering se rassebeleid.<\/p>\n\n\n\n<p>Nadat Dan se pa hom op \u2019n redelik vroe\u00eb ouderdom aan die eksistensialisme bekendgestel het, het hy in standerd sewe of agt \u2019n Nederlandse boek oor Jean-Paul Sartre wat hy op sy pa se boekrak gekry het gelees en vir sy maats daarvan vertel. \u201cToe ons in een periode nie veel werk gehad het nie, het hulle die onderwyser gevra of ek vir die klas van Sartre mag vertel. Die onderwyser het ingestem en daar het ek toe \u2019n spontane lesing oor die eksistensialisme aan die klas gegee. Op \u2019n ander stadium kan ek onthou, het ek \u2019n groot pleidooi vir modernisme en rockmusiek in die Afrikaanse klas gelewer, wat kritiese opmerkings van ons onderwyser ontlok het. Maar Helpmekaar was destyds \u2019n wonderlike skool en afgesien van \u2019n paar geharde en dogmatiese of eerder konformistiese Broederbonders, was die res van die onderwysers baie oopkop en het hulle ons gedurig aangemoedig om nuwe horisonne te verken.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In standerd ses het Dan uitgeblink. Hy het die hele jaar deur feitlik 100% vir wiskunde gekry, maar daarna het hy al hoe luier geword. \u201cOok was ek \u2019n tipiese tiener: rebels, opstandig en toenemend in botsing met die skoolre\u00ebls oor hare en kleredrag. Veral ek en die Latynonderwyser, mnr Van Rensburg of \u2018Tarka\u2019 soos hy bekendgestaan het, het \u2019n soort koue oorlog gevoer.\u201d (Tarka is later by Kya Sands noord van Johannesburg deur \u2019n bende in die kantoor van sy vervoeronderneming vermoor.)<\/p>\n\n\n\n<p>Dan se punte was as gevolg van sy rebelsheid nie so goed soos dit kon gewees het nie, maar veral Afrikaans en Engels was nog steeds vir hom maklik. Oor Latyn wat hy geneem het, is hy tot vandag toe bly, want hy is \u2019n patrisi\u00ebr. En hoewel hy nie rugby op skool gespeel het nie, was hy \u2019n goeie hoogspringer en het hy vyf keer erekleure vir atletiek gekry en twee keer vir landloop. In standerd sewe het hy aan \u2019n hele rits sportsoorte deelgeneem, soos atletiek, tennis, swem, landloop, skaak (as dit vir sport tel) en het hy selfs op Wemmerspan teen die Engelse skole geroei, soos die Universiteite van Cambridge en Oxford dit beoefen. Hy was veral baie goed in hoogspring en het Suid-Transvaalkleure daarvoor gekry en aan die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskappe deelgeneem. \u201cNou nog onthou my medeleerlinge by Helpmekaar my meer vir die hoogspring as vir enigiets anders!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dan het veral vir sy Engelse opstelle baie ho\u00eb punte gekry \u2013 nooit volpunte nie, maar so 19 uit 20 of selfs 19\u00bd uit 20. Sy Engelse onderwyser, Peter Lynsky, \u2019n Engelssprekende Jood, het aan Dan \u2019n eksemplaar van James Joyce se&nbsp;<em>A portrait of the artist as a young man<\/em>&nbsp;gegee nadat hulle vir een opstel op \u2019n aanhaling daaruit moes reageer.<\/p>\n\n\n\n<p>Daar was gereeld debatskompetisies en kunswedstryde waaraan almal op skool deelgeneem het. Op \u2019n stadium moes Dan \u2019n gedeelte uit&nbsp;<em>Raka<\/em>&nbsp;vir die kunswedstryd voordra \u2013 di\u00e9 gedeelte waar die kinders \u2019n kleipop van Raka maak. Die skooluitgawe van&nbsp;<em>Raka<\/em>&nbsp;is toentertyd gesensor, maar mnr Louis Malan, departementshoof vir Afrikaans, het daarop aangedring dat hy die re\u00ebl \u201cEn skaamteloos groot die skaamte\u201d in sy voordrag insluit. Tydens die debatte het Dan nie aldag s\u00f3 goed gevaar nie, want \u201cal my opstandige idees en eksistensialisme het seker deurgesyfer. Ook het Ben Kruger en Danie Joubert, die latere akteurs, die debatskompetisies met hul retoriese vermo\u00ebns oorheers. Albei het ook hoofseuns van Helpmekaar geword.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dan se pa het hom van die Latynse buurt in Parys vertel waar die eksistensialiste gewoon het en wat in Breyten Breytenbach en Andr\u00e9 P Brink se boeke genoem is. \u201cDit het op vroe\u00eb ouderdom reeds my nuuskierigheid oor Frankryk en Parys geprikkel. In standerd nege het Brink se&nbsp;<em>Kennis van die aand<\/em>&nbsp;verskyn en n\u00e1 die verbod daarop is dit ywerig gelees. Neels Blom se ouers het \u2019n eksemplaar gehad en dus kon ons dit lees. Op \u2019n stadium is Breytenbach se boeke in opdrag van die departement uit die skoolbiblioteek by Ho\u00ebrskool Linden verwyder waar Blom se ma bibliotekaresse was en s\u00f3 het \u2019n eerste uitgawe van sy surrealistiese kortprosa,&nbsp;<em>Katastrofes<\/em>, in my besit beland. Dis nou nog hier iewers op my rak. My pa het baie van Etienne Leroux gehou en ek het&nbsp;<em>Sewe dae by die Silbersteins<\/em>&nbsp;en ander Leroux-boeke op veertien- en vyftienjarige ouderdom verslind.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In standerd nege is Dan amper uit die skool geskors omdat hulle drank by \u2019n partytjie gebruik het. In daardie dae was die skole so sterk teen drank, rook en ander euwels gekant dat hulle baie swaar daarvoor gestraf is. Die straf was lyfstraf wat met \u2019n rottang toegedien is deur \u2019n groot, sterk onderwyser wat s\u00f3 hard geslaan het as wat hy kon, die spreekwoordelike \u201cses van die bestes\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>In dieselfde jaar het Dan net eendag sy pa, toe nog in Springs, gebel en ges\u00ea: \u201cKom haal my. Ek kan die koshuis nie meer vat nie.\u201d Dit was nie lank n\u00e1 die episode met die wyn nie waarvoor hulle die verskriklike lyfstraf ontvang het. Vir die res van daardie jaar het hy soggens saam met sy pa, wat toe reeds in Johannesburg gewerk het, stad toe gery. Aan die einde van die jaar het hulle Johannesburg toe getrek en kon hy elke dag met die bus skool toe ry.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir Dan was sy matriekjaar \u2019n fees. Hy was gewild (ook by die meisies), belese, w\u00eareldwys en het soggens oor \u2019n sigaret en koffie by die Zanzibar-kafee in Braamfontein saam met Victor Maree, tans \u2019n reklameman met sy eie onderneming in Melbourne, oor die lewe, meisies, mansmodes, \u201cunderground\u201d-musiek en letterkunde gefilosofeer terwyl hy Dan se wiskundehuiswerk afgeskryf het.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDit was die tyd van platformskoene, klokpypbroeke en die Gatsby-modes, na aanleiding van die film oor F Scott Fitzgerald se roman&nbsp;<em>The great Gatsby<\/em>. Dit was asof ons die \u2018glorieryke twintigerjare\u2019 in Johannesburg herleef het. Vic se geskeide ma in Sandton het hom tot in die afgrond bederf met sy eie klererekening en hope sakgeld. Ek kon skaars byhou, maar ons was die \u2018dandies\u2019 van die skool en het die skoolkleredragre\u00ebls aanmekaar getoets, veral met skoene en broeke. My skoene se hakke was nie so hoog nie, maar ek het by verre die wydste broek in skool gedra. Dit was wel grys, soos \u2019n skoolbroek moes wees, maar dit was waar enige ooreenkoms met die voorgeskrewe skooldrag ge\u00ebindig het. Dit was \u2019n \u2018Oxford bag\u2019 van ligte wolstof, nousluitend en taamlik laag op die heupe bo gesny, met die sakke voor en nie langs die kant nie. Van daar af het dit uitgeklok en as jy loop, het dit so rondom jou skoene geflap. (&#8230;)<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk onthou dat die hele skoolsaal van die lag uitgebars het telkens as ek my erekleure en ander toekennings vir atletiek en landloop op die verhoog moes gaan haal, met die onderwyserskorps wat teen daardie tyd \u2019n soort goedige verdraagsaamheid teenoor my en Vic se modebewustheid ontwikkel het.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cIn matriek was daar \u2019n algemene verkiesing. Omdat ek sestien of sewentien jaar oud was, kon ek nie stem nie, maar ek was \u2019n ywerige leser van die&nbsp;<em>Rand Daily Mail<\/em>&nbsp;en het besluit dat ek die Progressiewe Party ondersteun. Ek onthou dat ek in die wiskundeklas so iets aan mnr Piet Britz ges\u00ea het. Maar ek was jonk en na\u00efef. Aam die ander kant het ek gevoel dat die Nasionale Party so deel was van die hele konformistiese Broederbondstelsel waarteen ek en ander op skool gerebelleer het, dat enigiets beter as d\u00edt moes wees, veral die Progs wat so gewaagd en gesofistikeerd in die Engelse media voorgekom het.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDit was Helpmekaar: \u2019n stadskool in die hartjie van die Nuwe Babilon, Johannesburg. Vir vermaak in die koshuis het ons \u2018oor die bult\u2019 Braamfontein toe gegaan of naweke in die middestad gaan fliek by die Colosseum, His Majesty\u2019s of die nuwe Carlton-sentrum waar daar ook \u2019n ysskaatsbaan was. Toenemend het ons in Hillbrow rondgekuier. In matriek is ek soms vir aandete na mnr Louis Malan se woonstel in Braamfontein genooi, waar mnr Keith Allen, wat in dieselfde gebou gewoon het, saam gekuier het. Mnr Peter Lynsky het in Hillbrow gewoon en het saam met \u2019n Joodse vriend \u2019n pannekoekkroeg in Kotzestraat in Hillbrow bedryf. Oor naweke het ons soms daarheen gegaan.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cUit verveling in die koshuis het ons al die Afrikaanse susterkerke in Braamfontein besoek en selfs hippie-agtige \u2018kerke\u2019 in Hillbrow aangedoen waar mense met lang hare, jeans en T-hemde gospelliedjies op kitare gespeel het.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns het in die stad rondgedwaal, die klere- en platewinkels besoek en garagepartytjies in die noordelike voorstede soos Saxonwold of Northcliff bygewoon waar ons in matriek toenemend losbandig gefuif, en ons soms selfs aan drank vergryp het. Maar nooit dwelms nie. (&#8230;) Die Afrikaanse meisies het ons op \u2019n manier altyd in toom gehou en \u2019n meisie was darem interessanter as \u2019n bottel wodka of brandewyn.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns het geluister en gedans op die maat van Britse en Amerikaanse pop- en rockmusiek. In daardie dae was daar nog nie Afrikaanse rock nie. Soos die internasionale jeug in Noord-Amerika en Europa het ons bygedra tot die astronomiese albumverkope van Black Sabbath, Pink Floyd, die Beatles, Rolling Stones, Alice Cooper, Jethro Tull, Bob Dylan, Crosby, Stills, Nash and Young en vele ander. Die ironiese woorde \u2018Oh God, won\u2019t you buy me a Mercedes-Benz\u2019, wat Janice Joplin in haar heserige stem gesing het, sal my altyd bybly. Dit kon selfs die motto vir ons geslag gewees het, want die Afrikaner het in sy strewe na materi\u00eble rykdom uiteindelik sy toekoms vir \u2019n pot lensiesop verkoop.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cToe ons klaar matriek geskryf het, het ons in die \u2018Dev\u2019 (die Devonshire-hotel in Braamfontein, in Mellestraat) gaan drink en die volgende dag was daar \u2019n berig in&nbsp;<em>Beeld<\/em>&nbsp;oor die groep Helpies wat in hul skooldrag in \u2019n kroeg opgemerk is. Dit was natuurlik \u2019n groot skande en \u2019n vlek op die skool se naam. N\u00e1 die Dev is ek, Vic Maree en Gerard van Tonder na die Maree-woonstel in Sandton waar ons met ons skoolklere en al in die swembad gespring het. Uit respek vir al die balkies op my erekleurbaadjie, het ek darem my baadjie uitgetrek, maar die ander twee is met baadjies, dasse en al in die water. Dit was ons eie, private afsluitingsritueel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dan matrikuleer in 1974.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Verdere studie en werk<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Na skool is Dan na die Universiteit van die Witwatersrand waar hy aanvanklik in die regte studeer het, maar hy het gou oorgeslaan na Afrikaans en Nederlandse letterkunde, Filosofie en Politieke Wetenskappe. Hy was \u2019n lid van die Filosofie-vereniging en het gereeld bydraes gelewer tot die kampuskoerant,&nbsp;<em>Wits Student<\/em>. Irwin Manoim wat later die mede-stigter van die&nbsp;<em>Mail &amp; Guardian<\/em>&nbsp;was, was die redakteur van&nbsp;<em>Wits Student<\/em>. Dan het in 1976, ongeveer dieselfde tyd as die opstande in Soweto, deelgeneem aan die studente se protesaksies.<\/p>\n\n\n\n<p>Ampie Coetzee, een van sy dosente, onthou die jong Dan Roodt as volg (op PRAAG se webblad): \u201cHy was \u2019n briljante student. Ek was bevoorreg toe ek dosent op Wits was om in dieselfde jaar twee talentvolle studente te h\u00ea: Dan Roodt en Johan van Wyk. Hulle was ook die eerste studente in my lewe. Hulle was ook later die eerstes wat my derdejaarklas oor Middelnederlandse letterkunde as benede peil beskou het (omdat ek net tekste vertaal het!).<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMaar Dan was nogal stout. Ek onthou eendag het Helen Suzman \u2019n toespraak gelewer in die Great Hall. Terwyl sy gepraat het, het Dan agter haar op die verhoog verbybeweeg met \u2019n swart outjie wat \u2019n gholfsak dra. Heen en weer \u2013 ek kan nie onthou of sy dit agtergekom het nie &#8230; Hy het ook eenmaal vir Nadine Gordimer aangeval omdat sy \u2019n Franse aanhaling verkeerd uitgespreek het. Hy het natuurlik nie van haar gehou nie omdat sy altyd in haar werk Afrikaners as agterlik geteken het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Saam met sy dosente in Afrikaans, John Miles en Ampie Coetzee, woon Dan in 1977 die verhoor van Breyten Breytenbach in Pretoria by. Die gevolg hiervan is dat hy deur die Veiligheidspolisie gelys is as \u2019n andersdenkende en \u2019n potensi\u00eble revolusion\u00ear.<\/p>\n\n\n\n<p>Op Wits se kampus het Dan toenemend in konflik getree met die luidrugtige groep studente daar. In 1978 het hy \u2019n seminaar vir die Filosofie-vereniging georganiseer oor die anargistiese kennisleer van Paul Feyerabend, \u2019n Duits-Amerikaanse filosoof van die wetenskap. Alhoewel Feyerabend se boek&nbsp;<em>Against Method<\/em>&nbsp;deur die neo-uitgewers, New Left Books, uitgegee is, was hy krities oor die kommunistiese dogma. Hy het volgehou dat \u2019n vorm van vrydenke goed sal wees vir die wetenskap. Dan het Feyerabend se vryheidsdenkende anargisme teenoor die studente verdedig. Hy het selfs so ver gegaan as om te s\u00ea dat die federale aspekte van die regering se beleid \u2019n goeie manier is om die politieke mag in \u2019n multi-etniese staat soos Suid-Afrika te desentraliseer.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan het die studente en dosente verder vervreem toe hy nog \u2019n openbare lesing op die Wits-kampus georganiseer het. Hier is die idees van nog \u2019n Amerikaanse vrydenker, Robert Nozick, bespreek. In&nbsp;<em>Anarchy, State and Utopia<\/em>&nbsp;betoog Nozick dat die gesag van die staat daartoe beperk moet word om die publiek te beveilig en om kontrakte uit te voer.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan het hom vir \u2019n ruk besig gehou met ander vorms van anargisme en vrydenke en begin belangstel in Russiese anargiste soos Bakunin en Kropotkin, asook in Daniel Cohn-Bendit, leier van die Franse studente gedurende die Franse studente-opstand in Mei 1968. Hy het ook \u2019n studie gemaak van die Amerikaanse hippie-beweging en idees van kontrakultuur soos uiteengesit deur Theodor Roszak in&nbsp;<em>The making of a counter culture<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p>Nadat Dan \u2019n voorbladartikel in&nbsp;<em>Time Magazine<\/em>, getiteld \u201cMarx is dead\u201d gelees het, het hy bewus begin raak en ook ge\u00efdentifiseer met die Franse skool van nuwe filosofie, wat deur Bernard-Henri L\u00e9vy, Andr\u00e9 Glucksman, Pascal Bruckner en ander begin is.<\/p>\n\n\n\n<p>Gedurende 1978 het Dan hom as kandidaat beskikbaar gestel vir die Studenteraad van Wits as \u2019n anargis. Hy is tot die SR verkies, hoofsaaklik deur die argitektuurstudente wat met sy vorm van vrydenke en estetisisme kon identifiseer. Na die verkiesings is hy na \u2019n funksie aan huis van Max Price, die uittredende voorsitter van die SR, in Northcliff, Johannesburg genooi. Nuutverkose lede van die SR wat die partytjie bygewoon het, was Tony Leon en Hillary Joffe.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het homself ook in kontempor\u00eare Amerikaanse letterkunde verdiep en die romans van skrywers soos Saul Bellow, Philip Roth, Ken Kesey, Donald Barthelme, John Barth, Joseph Heller, EL Doctorow, Norman Mailer en veral di\u00e9 van die Pools-Amerikaanse skrywer, Jerzy Kosinski gelees. Tydens \u2019n besoek aan huis van die skrywer John Miles in Melville, Johannesburg, het Dan vir Andr\u00e9 P Brink ontmoet.<\/p>\n\n\n\n<p>Markus de Jong het sy boekwinkel reg oorkant Wits in Ameshoffstraat, Braamfontein gehad, en deur hierdie vriendskap het Dan al meer begin belangstel in die Franse post-strukturalisme en die geskrifte van Roland Barthes, Michel Foucault, Jacques Lacan, Jacques Derrida, Gilles Deleuze en andere. Hy het ook ingeskryf vir \u2019n Franse kursus.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy verwerf sy BA-graad in 1978 en skryf in 1979 in vir \u2019n BA Honneursgraad in Vergelykende Letterkunde, terwyl hy ook Duitse en Franse klasse loop. In die loop van 1979 doen hy navraag by die Franse Konsulaat in Johannesburg of daar nie dalk beurse is wat hom in staat sou stel om in Frankryk te gaan studeer nie. Maar hy is meegedeel dat hy nie kwalifiseer nie, omdat hy blank is. Baie buitelandse ambassades het destyds begin om swart studente te kies om sodoende hulle teenkanting teen die Suid-Afrikaanse regering se apartheidsbeleid te kenne te gee.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dan se eerste publikasie, \u2019n avant-garde novelle getiteld&nbsp;<em>Sonneskyn en Chevrolet<\/em>, word in 1980 deur Taurus uitgegee. Die Franse post-strukturalisme, psigo-analise en uitbeeldings van geweld soos by Jerzy Kosinski was beduidende invloede op&nbsp;<em>Sonneskyn en Chevrolet<\/em>. In \u2019n onderhoud met&nbsp;<em>Rapport<\/em>&nbsp;is Dan voor \u201cSlegs Blankes\u201d-tekens by die Doornfontein-stasie naby&nbsp;<em>Rapport<\/em>&nbsp;se kantore afgeneem. Op die buiteblad van&nbsp;<em>Sonneskyn<\/em>&nbsp;hou hy \u2019n miniatuur-Chevroletjie tussen sy tande vas en is sy hare soos \u2019n eendstert s\u2019n teruggeghries. Hennie van Coller en Jaap Steyn skryf in hulle artikel \u201cTaalaktiviste en transformasies\u201d as volg: &#8220;Hierdie klein werkie het lowende kritiek van gerekende resensente soos George Weideman ontvang. Dit is die voorloper en die eerste voorbeeld van die postmodernisme in Afrikaans. Kenmerke van hierdie debuutwerk, asook van&nbsp;<em>Kommas uit \u2019n boomzol<\/em>, is Roodt se bewuswees van die liter\u00eare tradisie waarteen ingeskryf word, asook van sy ikonoklasme wat min ontsien.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Kort na die publikasie van&nbsp;<em>Sonneskyn en Chevrolet<\/em>&nbsp;is dit deur die Suid-Afrikaanse Publikasieraad onder voorsitterskap van regter Lammie Snyman verban omdat dit beskrywings van seksuele geweld bevat, asook aanhalings van skrywers soos Marx en Lenin.<\/p>\n\n\n\n<p>In 1979 het Dan in \u2019n kommune in Yeoville in Johannesburg gebly, waar hy die huis met Rai Turton gedeel het. Hy en Turton het gereeld gesprekke gehad oor Karl Popper en Thomas Kuhn. Neil Goedhals en Carlotta van Maltzan, professor in Duits aan die Universiteit van Stellenbosch, het ook in die huis gewoon. Goedhals, \u2019n konsepsuele kunstenaar, het later selfmoord gepleeg, wat Dan oortuig het om \u2019n mens se Afrikaner-identiteit te ontken soos Goedhals gedoen het, slegs tot diep ongelukkigheid kan lei.<\/p>\n\n\n\n<p>In die gebou van die Senaat, het Dan gereeld koffie gedrink saam met twee ander studente, Karin Bredenkamp en Johan van Wyk, wat kuns- en kunsgeskiedenisstudente was. Hulle het aanklank gevind by nog \u2019n Afrikaanse kunsstudent, Joachim Sch\u00f6nfeldt. Die groep het Dada as die belangrikste deel van die moderne beweging beskou en het probeer om Dada binne die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse konteks te herinterpreteer.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>As gevolg hiervan het Dan een van die hooffigure van die Johannesburgse avant-garde beweging geword \u2013 iets wat baie afgeskeep was. Hierdie beweging het hulle deur middel van po\u00ebsie, prosa, kuns, teater en film uitgedruk. Verskeie Neo-Dada\u00efstiese gebeurtenisse is gere\u00ebl. Schonfeldt het \u201cstoom-beeldhouwerk\u201d geskep deur plat vleklose staalbakke op bene te sweis met elemente wat die water warm maak om stygende stoom te produseer. Meeste van hierdie publikasies en produksies, hoewel nie almal nie, is in Afrikaans aangebied.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan en Karin Bredenkamp (wat ook bekendgestaan het as Karin Konsentrasiekamp, \u2019n skuilnaam wat sy soms gebruik het) het gedurende 1980 saam gebly in Eastleigh Court in Hillbrow terwyl hulle probeer het om geld te spaar om Parys toe te gaan. Hulle is op 22 Augustus 1980 in die geheim in die Randburgse magistraatskantoor getroud, hoofsaaklik om die Franse se immigrasie-gesag tevrede te stel. Op pad na die magistraatskantoor het Dan \u2019n ringetjie van \u2019n Coca Cola-blikkie opgetel wat hy aan Karin se vinger gesteek gedurende die seremonie \u2013 tot die verbasing van die magistraat en sy assistent. Sy bruid het \u2019n tuisgemaakte swart en bruin rok sonder \u2019n soom aangehad, met druppels verf op, sowel as verf onder haar vingernaels, nadat sy pas van die universiteit se kunsskool gekom het.<\/p>\n\n\n\n<p>Vroeg in die 1980\u2019s het Dan en Karin die liter\u00eare tydskrif&nbsp;<em>Taaldoos<\/em>&nbsp;begin uitgee. Nadat die tweede nommer verskyn het, is dit verbied en moes Dan in die hof verskyn op aanklag van die voorbrenging van ongewenste publikasies. Hy het ges\u00ea dat daar geen redes aan hom verstrek is oor wat in die tydskrif ongewens is nie en dat hy in die duister is oor die aanklag.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan wat gedurende daardie tyd tydelik by die Ontvanger van Inkomste gewerk het, het ges\u00ea dat hy nie binne die vasgestelde tyd om redes gevra het nie en hy dus nie weet of hulle beswaar maak teen enige spesifieke deel van die inhoud van&nbsp;<em>Taaldoos<\/em>&nbsp;nie. En op die polisie-aanklag word ook geen redes verstrek nie.<\/p>\n\n\n\n<p>In \u2019n onderhoud in&nbsp;<em>Insig&nbsp;<\/em>(Julie 2004) met Kirby van der Merwe het Dan vertel: \u201c<em>Taaldoos<\/em>&nbsp;se leuse is by Voltaire geleen. \u2018Ons stem miskien nie saam met wat jy skryf nie, maar ons sal dit tot die dood toe verdedig.\u2019 Andr\u00e9 P Brink se&nbsp;<em>Kennis van die aand<\/em>, was toe reeds verbied,&nbsp;<em>Lady Chatterley\u2019s Lover<\/em>&nbsp;ook, selfs die musiekblyspel&nbsp;<em>Godspell<\/em>. Ons was vasberade om die jong Afrikaanse skrywers se stemme te laat praat.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Die eerste getuie van die staat was mnr HCT Muller, destyds \u2019n senior lektor in taalwetenskap aan die Randse Afrikaanse Universiteit (vandag die Universiteit van Johannesburg). Hy het besluit om vir die staat te getuig omdat die prosastuk getiteld &#8220;Patria\/Matria&#8221; (in die tweede uitgawe van&nbsp;<em>Taaldoos<\/em>) hom teen die bors gestuit het en dit nie vir hom &#8220;letterkunde&#8221; was nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Muller het verder ges\u00ea: \u201cDaar is in albei uitgawes van die tydskrif \u2019n naargeestige tendensie wat \u2019n klimaks bereik in die stuk Patria\/Matria in die tweede uitgawe. Dit is \u2019n verhaal waarin tegelykertyd oor die Weermag en rugby geskryf word. Omdat die stuk tekenend van albei uitgawes se inhoud is, het ek in my getuienis daarop gekonsentreer. Daar was egter een bydrae met verdienste. Dit was \u2019n stuk wat heet \u2018\u2019n Moffie chaff \u2019n kaffer\u2019. Ek sou vir die blad kon getuig as al die stukke in&nbsp;<em>Taaldoos<\/em>&nbsp;van di\u00e9 gehalte was. Die res van albei die uitgawes van die tydskrif is egter sonder enige liter\u00eare waarde.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In 1981 het Dan die enigste Suid-Afrikaanse skrywer ooit geword wat onder die Publikasiewet aangekla is dat hy onwenslike publikasies geskep het. Berigte oor die verhoor wat in die Johannesburgse Magistraatskantoor gehou is, is in al die belangrike koerante geplaas. Dan is deur prof John Dugard, \u2019n deskundige oor internasionale reg verdedig, asook deur Fink Haysom, voormalige leier van Nusas en nie eers hulle kon die landdros van die letterkundige waarde van die bydraes in die tydskrif oortuig nie. Al twee nommers is verbied, eerstens vir \u201cbesit\u201d wat beteken dat elke persoon wat \u2019n kopie besit het, volgens die wet dit moes verbrand. Dan is skuldig bevind en met R100,00 of 50 dae tronkstraf beboet.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk dink,\u201d s\u00ea Karin aan Kirby van der Merwe, \u201c(Johan) Bruwer se kortverhaal &#8216;\u2019n Moffie chaff \u2019n kaffer\u2019 was die laaste strooi.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Hulle is \u2019n boete opgel\u00ea en gewaarsku: ses maande tronkstraf sonder die keuse van \u2019n boete vir enige verdere \u201congewenste\u201d publikasie(s). \u201cToe het ons maar die bruin kartondoos met die stapels bydraes diep gaan wegb\u00eare.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Skrywers soos Koos Kombuis (toe nog Andr\u00e9 Letoit), Theunis Engelbrecht en ander het tot&nbsp;<em>Taaldoos<\/em>&nbsp;bygedra. \u201cMaar,\u201d s\u00ea Karin, \u201cDie ironie is (in 2004) dat die einste Andr\u00e9 Letoit (vandag bekend as Koos Kombuis) vir wie ons bloed gesweet het, vandag vra dat Dan stilgemaak word.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Onder die drukkersnaam Uitgewery Pannevis, wat \u2019n verwysing is na Arnoldus Pannevis, die taalstryder van die negentiende eeu, publiseer Markus de Jong Dan se versameling satiriese verse onder die titel&nbsp;<em>Kommas uit \u2019n boomzol<\/em>&nbsp;in 1980. Die titel speel in op DJ Opperman se&nbsp;<em>Komas uit \u2019n bamboesstok<\/em>. Dit is volgens Van Coller en Steyn \u2019n &#8220;skerp kritiese satire wat die politieke en estetiese status quo aanval&#8221;.<\/p>\n\n\n\n<p>Slegs \u2019n week na die publikasie van&nbsp;<em>Kommas uit \u2019n boomzol<\/em>&nbsp;is dit ook deur die sensors verban. Hulle het Dan se satiriese en oneerbiedige geskrifte as \u2019n gevaar vir die samelewing beskou. Op die buiteblad van&nbsp;<em>Kommas<\/em>&nbsp;steek agt tandeborsels by Dan se mond uit en het hy \u2019n gekrulde haarstyl uit die sestigerjare.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Cecile Cilliers (<em>Transvaler<\/em>, 18 Augustus 1980) bevat&nbsp;<em>Kommas uit \u2019n boomzol<\/em>&nbsp;&#8220;woorde van protes gerig teen die establishment, beide liter\u00ear en polities, teen die behoud van die status quo deur die burgery, teen patriotisme, teen alle onreg. Die negatiewe, bykans nihilistiese gees van die bundel word opgesom in die gedig &#8216;ek\u2019s so sat&#8230;&#8217; (p 67). Die sinisme skok, eerder as die oordadige gebruik van kru taal, wat op die lang duur slegs vervelig is. Tog is die sinisme en die liefdeloosheid en die gebrek aan deernis met opset deel van die bundel. Die afbrekende (wat inherent die gedagte hou van \u2019n uiteindelike nuwe, heel nuwe begin), die absolute afbrekende is skering en inslag van di\u00e9 nuwe digterlike rigting in Afrikaans.<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;As protes en as po\u00ebsie het&nbsp;<em>Kommas uit \u2019n boomzol<\/em>&nbsp;net gedeeltelik geslaag. En hoewel Dan sy bundel binne \u2019n erkende en veel-gehuldigde raamwerk plaas, naamlik di\u00e9 van DJ Opperman se&nbsp;<em>Komas uit \u2019n bamboesstok<\/em>&nbsp;en die gebruik van hierdie raamwerk slim is, word dit ongelukkig nie veel meer as &#8216;slim&#8217; nie. Daarvoor is die kritiek te heftig, die poging om af te breek te blatant. Satire en ander skerp kritiek moet iets van deernis h\u00ea, anders is dit te kras om inslag te vind. En deernis bestaan tot dusver nie in Roodt se werk nie. Verstaanbaar: hy wil net afbreek, moet net afbreek, anders gehoorsaam hy weer die status quo. En daarom moet die liefde ontbreek en word die protes waardeloos.<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Sy taalbeheer is goed en hy munt uit in die skepping van nuwe woorde, en hier en daar is \u2019n suksesvolle vers, soos byvoorbeeld &#8216;soos by \u2019n belangrike rugbywedstryd&#8217; (p 28) wat \u2019n goeie onderbou het en \u2019n refrein wat &#8216;werk&#8217;. Dieselfde geld vir \u2019net nog \u2019n eksotiese woordjie&#8217; (p 18) wat kwasjiorkor as tema het en wat ontroerende beelde bevat; nog steeds lelik, afstootlik, maar vol deernis, en miskien om di\u00e9 rede, geslaag.&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>Johan van Wyk, ook \u2019n skrywer, het Swaziland toe gevlug om sy diensplig te ontduik. Hy het \u2019n maand daar in \u2019n karavaan gebly, maar toe het sy geld opgeraak en het hy teruggekom. Met die intrapslag het die milit\u00eare polisie hom gevang en vir observasie opgeneem. Die psigiater het Van Wyk as \u2019n skisofreen gediagnoseer en hy is uit die weermag ontslaan. \u201cDit het my toe \u2019n idee gegee,\u201d vertel Dan aan Jansie Kotze (op LitNet). \u201cAs Johan van Wyk \u2019n skisofreen kan wees, hoekom nie ek nie?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dan en Johan van Wyk het die Afrikaanse Skrywersgilde se vergadering by Gordonsbaai in die Wes-Kaap in 1981 bygewoon. Dan het as deel van die konferensie \u2019n lang uittreksel van die Markies de Sade voorgelees as deel van \u2019n teoretiese uiteensetting oor die sinloosheid van liter\u00eare geskiedenis. Hy het ook teenoor Phil du Plessis opgemerk dat hy bekommerd is dat hy nog nie vir milit\u00eare diensplig opgeroep is nie. Dit sou beteken dat hy sy studies sou moes staak en hulle hom van sy vrou sal wegneem.<\/p>\n\n\n\n<p>Du Plessis, wat ook \u2019n mediese dokter was, het gevolglik aan Dan \u2019n brief gegee waarvolgens Dan aan \u2019n rare vorm van epilepsie ly wat hom baie aggressief maak en hom dus diskwalifiseer vir enige vorm van milit\u00eare diens. Hierdie brief is aan die Suid-Afrikaanse Weermag gepos. Hulle wou egter getuienis van \u2019n psigiater h\u00ea wat die feit dat hy epilepsie het, sou staaf. Hy is toe na Johan van Wyk se psigiater, maar kon hom nie oortuig dat daar fout is met hom nie. Dan het selfs \u2019n boek oor epilepsie gekoop om op te lees oor sy toestand. Die psigiater het net ges\u00ea: \u201cAg, dit sal nie so sleg vir jou wees om weermag toe te gaan nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Markus de Jong het Dan bekendgestel aan die Fransman, Pierre-Marie Finkelstein, wat \u2019n linguis en veeltalige vertaler is, wat sedertdien van Karel Schoeman en Marlene van Niekerk se boeke vertaal het. In Desember 1982 het Dan en Karin vir Finkelstein in Parys besoek waar hulle ook vir Breyten Breytenbach in \u2019n kafee, die Boule d\u2019Or in die Boulevard Saint-Michel, ontmoet het. Breytenbach was pas vrygelaat uit die Pollsmoor-gevangenis en Dan het daar aangekom met \u2019n sak vol boeke en klere wat Breyten in Suid-Afrika agtergelaat het, asook \u2019n blik appelkooskonfyt.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan verwerf sy MA-graad in Vergelykende Literatuur in 1983 met \u2019n tesis getiteld&nbsp;<em>Pleasure and textual production: three texts by Roland Barthes<\/em>. Hy voel daarna dat hy wil aangaan met sy PhD in Vergelykende Literatuur, maar toe hy daarvoor wil registreer, het sy Duitse studieleier, prof Reingard Nethersole, Dan in \u2019n histeriese uitbarsting daarvan beskuldig dat hy \u201cpander to frivolous French theories\u201d. Hierdie vernederende toneel het hom afgespeel op die derde vloer van die Senaathuis voor die swart Suid-Afrikaanse skrywer Es\u2019kia Mphahlele. In een van sy gedigte in&nbsp;<em>Kommas uit \u2019n boomzol<\/em>&nbsp;het Dan die spot gedryf met die &#8220;patroniserende liberale houding van Nadine Gordimer wat Mphahlele weer geprys het in sy outobiografiese &#8216;township roman&#8217;&nbsp;<em>Down Second Avenue&#8221;<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p>Roodt se kortstondige loopbaan in die Vergelykende Letterkunde het tot \u2019n stilstand gekom. Hy is dus terug na Afrikaans en besluit om vir \u2019n tweede BA Honneurs in Afrikaans in te skryf terwyl hy voltyds as \u2019n vertaler vir Telkom in Pretoria werk. Teen die einde van 1984 kon hy egter nie sy veiligheidsklaring slaag nie. Dit was nie lank na die ANC se Kerkstraat-bomaanvalle op 20 Mei 1983 nie en alle geboue in Pretoria is beskou as potensi\u00eble teikens van ANC-terroriste en alle werknemers moes veiligheidstoetse ondergaan. Dan se onderhoud is gedoen deur \u2019n lid van die Veiligheidstak van die Suid-Afrikaanse Polisie en hy is kort daarna deur sy toesighouer dienooreenkomstig ingelig.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy vriend, Johan van Wyk, het toe die hoof van Departement Afrikaans aan die Universiteit van Durban-Westville oorreed om Dan \u2019n pos aan te bied as dosent en s\u00f3 het \u2019n deel van die ou Johannesburgse avant-garde weer in Durban bymekaar gekom.<\/p>\n\n\n\n<p>Die Roodts het aanvanklik aan die strandfront gebly en daarna \u2019n moderne woonstel in Berea gehuur. Hier het hulle die plek gou huislik gemaak met hulle boeke en skilderye. Roodt het sy Indiese studente oorweldig met sy Lacaniaanse (volgens Jacques Lacan) analise van Ena Murray, die gewilde skryfster van ligte romans, as deel van sy kursus in Moderne Afrikaanse prosa.<\/p>\n\n\n\n<p>In Durban het die Roodts bevriend geraak met Rob Morrell en Allison Gillwald. Morrell sou later \u2019n alleenstryd voer teen die Afrosentriese visekanselier van die Universiteit van Kwazulu-Natal, Malegapuru Makgoba. Dan sou hom ook baie jare later kritiseer in sy bekende artikel \u201cYou cannot have your banana and eat it\u201d wat in die&nbsp;<em>Mail &amp; Guardian<\/em>&nbsp;gepubliseer is. Ook tydens sy verblyf in Durban, het Dan gereeld onderonsies gehad met die Anglofiele Natalse marxiste wat hom gesien het as \u2019n \u201cagterlike, nie-kommunistiese Afrikaner\u201d met \u2019n ongesonde belangstelling in \u201cligsinnige Franse teorie\u00eb\u201d. Dan het in daardie tyd ook met die Franse filosoof Gilles Deleuze gekorrespondeer en sy Frans op lede van die Franse departement geoefen.<\/p>\n\n\n\n<p>In 1985 publiseer Dan sy&nbsp;<em>Twee sinne<\/em>&nbsp;by Stet-boek. Hierdie publikasie was, saam met Karin Konsentrasiekamp (Dan se vrou) se&nbsp;<em>Hoekom nies u nie?<\/em>, die eerste in Stet-boek se nuwe alternatiewe reeks. Stet-boek het standpunt ingeneem teen establishment-uitgewers se \u201cdeftige\u201d boeke; en het beoog om kontensieuse tekste te publiseer.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cWat is \u2019n sin? Wat is twee sinne? Sulke vrae betrek tegelykertyd die filosofie, die grammatika en die erotiek; dis \u2019n kwessie van \u2018sinlikheid\u2019 in vele vorme\u201d, is Dan Roodt se &#8216;opsomming&#8217; of &#8216;wegwyser&#8217; vir hierdie teks,&#8221; skryf Joan Hambidge (<em>Beeld<\/em>, 17 Februarie 1986)<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Altesame 338 arbitr\u00ear gekose segmente of leksias vorm \u2019n teks (een segment is blanko; een bevat net een sin) waarin die leser se vanselfsprekende omgang met \u2019n teks bevraagteken en selfs ondermyn word. So het ek myself herhaaldelik betrap dat ek segmente wou saamlees, soos byvoorbeeld XCV en XCVI. As jy di\u00e9 twee segmente laat saamsmelt, verraai jy \u2019n seksuele lesing van die eerste sodat&nbsp;<em>Twee sinne<\/em>&nbsp;dus eerstens wil beklemtoon dat die lees van \u2019n teks veral die lees van&nbsp;<em>jouself<\/em>&nbsp;is.&nbsp;<em>Twee sinne<\/em>&nbsp;is \u2019n belangrike teks omdat dit allerlei (of moet ek s\u00ea, velerlei?) aannames waarmee lesers tekste benader, bevraagteken. Dit is vanselfsprekend \u2019n teks, soos ek dit lees, wat bedoel is vir die ingeligte leser.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In&nbsp;<em>Beeld&nbsp;<\/em>(6 Desember 1985) het Dan s\u00e9lf die volgende oor&nbsp;<em>Twee sinne&nbsp;<\/em>kwytgeraak: dit is naamlik \u2019n boek \u201cwat elke moontlike maatskaplike re\u00ebl in Suid-Afrika oortree. Vanuit die sensuuroogpunt is&nbsp;<em>Twee sinne<\/em>&nbsp;\u2019n taamlike amusante werk.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Andr\u00e9 P Brink (<em>Rapport<\/em>, 26 Januarie 1986) het die volgende oor&nbsp;<em>Twee sinne<\/em>&nbsp;ges\u00ea: \u201cDaar kon dus ook baie meer tweesinparagrawe gewees het. Daar kon ook 337 minder gewees het. Roodt is soms vermaaklik is, maar eintlik vreeslik konvensioneel.&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>Na hulle \u2019n jaar in Durban gewoon het, teen die einde van 1985, het dit geblyk dat die Suid-Afrikaanse Weermag op die punt was om Dan op te roep vir sy milit\u00eare diensplig. Hy het \u2019n toewysing na Oudtshoorn van die weermag ontvang. Na \u2019n telefoonoproep na Breyten Breytenbach in Parys het Dan en Karin besluit om so gou as moontlik na Parys uit te wyk. Binne tien dae was hulle besittings gepak en was hulle op die vliegtuig op pad na Parys. Daar was egter geen helde-ontvangs vir Dan en Karin nie. Breyten Breytenbach het nie sy telefoon baie gereeld geantwoord nie en hulle het gou besef dat al manier waarop hulle sou visums kry, was as politieke uitgewekenes.<\/p>\n\n\n\n<p>Wat daarop gevolg het, was nie net onderhandelings met die burokrasie nie, maar ook ure van toustaan saam met vlugtelinge uit die derde w\u00eareld buite Franse kantore in die winterkoue. Gedurende sy eerste weke in Parys het Dan kennis gemaak met \u2019n Tsjeggiese vlugteling wie se ondervindinge met die kommunisme Dan se minagting vir kommunisme en marxisme, wat toe baie in die mode in Suid-Afrika was, verstewig het. Toe die Roodts se geld opgeraak het, het die Tsjeg hulle 1 000 Franse frank geleen. Te danke aan die Tsjeg en \u2019n Franse Katolieke dame van Bretagne wat die twee Afrikaners jammer gekry het en haar klein woonstel naby Montparnasse aan hulle verhuur het, asook hulle werk by die Berlitz-skool, het Dan en Karin hulle eerste jaar in Parys oorleef.<\/p>\n\n\n\n<p>Deur Jan Deloof, die Vlaamse kritikus, het Dan en Karin \u2019n vertalingsprojek vanaf Nederlands na Engels aangepak waarna hulle in 1987 in \u2019n woonstel in die derde&nbsp;<em>arrondissement<\/em>&nbsp;kon gaan woon. Dit was aan die rand van die gesogte Marais-distrik, naby aan die place de la R\u00e9publique. Teen hierdie tyd het Dan ontnugter begin raak met al die oorsese propaganda oor Suid-Afrika en apartheid, veral in Frankryk waar die anti-apartheidsbeweging gedomineer is deur die Franse Kommunisteparty en die Jong Kommuniste. Terwyl hy per bus of trein na die Universiteit van Parys VIII, waar hy ingeskryf was vir \u2019n doktorsgraad of DEA in die Departement van Filosofie onder Gilles Deleuze en Ren\u00e9 Scherer, onderweg was, het hy sommige kommunistiese munisipaliteite in die sogenaamde \u201crooi gordel\u201d met strate wat na Marx, Lenin, Rosa Luxemburg en onder kommunistiese helde vernoem is, deurkruis.<\/p>\n\n\n\n<p>In 1987 is hy genooi om \u2019n konferensie oor Suid-Afrikaanse letterkunde by \u2019n kerkseminarie naby Stuttgart in Duitsland by te woon. Daar het hy meestal swart en bruin persoonlikhede van Suid-Afrikaanse universiteite, asook uitgewekenes van die ANC raakgeloop. Lewis Nkosi, Mandla Langa en Hein Willemse was van di\u00e9 wat aan die konferensie deelgeneem het. Dan moes \u2019n lesing lewer oor kontempor\u00eare Afrikaanse letterkunde, maar die gehoor het die lesing nie baie goed ervaar nie. Nie alleen was hy nie \u2019n marxis nie, maar hy was ook \u2019n Afrikaner, onderhewig aan die minagting van die oorwegend verengelste swartes en bruines wat teenwoordig was.<\/p>\n\n\n\n<p>In 1989 het Annari van der Merwe \u2019n onderhoud in&nbsp;<em>De Kat<\/em>&nbsp;van 31 Mei met Dan in Parys gevoer en daarna vir Ampie Coetzee gevra wat hy van Dan dink: \u201cDan Roodt is die enigste skrywer wie se novelle (<em>Sonneskyn en chevrolet<\/em>) nog altyd verbied is. Dan Roodt is die enigste skrywer wat Opperman s\u00f3 gesatiriseer het dat sy boek (<em>Kommas uit \u2019n boomzol<\/em>) verbied is. Hy is die enigste Afrikaanse skrywer wat \u2019n teks geskryf het wat net uit twee sinne bestaan (<em>Twee sinne<\/em>). Ek dink Dan Roodt was die briljantste student wat ek ooit gehad het. En was dit nie vir die Weermag nie, was hy nou nog met ons.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Terug in Parys, het Dan voortgegaan met sy studies in filosofie \u2013 die amusante, buitensporige w\u00eareld van die Franse \u201cfilosofie van verskil\u201d met sy w\u00eareldbekende name en persoonlikhede, hulle eienaardige gewoontes en opinies. Maar sy hart was nie langer daarin nie. Hy en Karin was daar bevriend met \u2019n \u201cklomp Russe in ballingskap\u201d. Toe Rusland begin oopmaak het onder Gorbatsjof, het Dan en Karin saam met hul Russiese vriende \u2019n seminaar oor die Sowjetunie georganiseer, en \u2019n paar Russe oorgenooi om te kom praat. In \u2019n poging om homself te vergewis oor Rusland, het hy artikels oor Rusland in die&nbsp;<em>Financial Times<\/em>&nbsp;begin lees. \u201cEk lees toe ook sommer die res van die&nbsp;<em>Financial Times<\/em>&nbsp;en het toe ge\u00efnteresseerd begin raak. En een ding lei toe tot \u2019n ander,\u201d vertel Dan aan LitNet.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het boeke gekoop oor opsies, termynkontrakte en komplekse finansi\u00eble afgeleides. So het hy begin om hom te bemoei met die fassinerende w\u00eareld van die geldmarkte met hulle gevorderde statistiese modellering, komplekse afgeleide instrumente en maniese skommelinge van emosies van optimisme tot pessimisme en weer terug.<\/p>\n\n\n\n<p>Op \u2019n dag in 1990 staan Dan in die Paryse boekwinkel&nbsp;<em>Biffures<\/em>&nbsp;in die Rue des Archives. Saam met hom en Karin was Diane, die dogter van regter Johann Kriegler, en haar man, Peter John Massyn, wat ook Afrikaans aan Wits studeer het. Skielik word daar oor \u2019n Franse radiostasie aangekondig dat Nelson Mandela uit die gevangenis vrygelaat gaan word. Dan het onmiddellik besef dat dit kan beteken dat hulle kan terugkeer na Suid-Afrika en sy ballingskap in Frankryk kan be\u00ebindig.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit was aanvanklik vir Dan \u2019n skok toe hy in Parys agtergekom het hoe na\u00efef hy was \u201cmet die stelletjie links-liberale idees wat by Wits by my ingedril is. Terwyl ek in Suid-Afrika destyds baie krities was oor die ou regering, het ek nou toenemend die valsheid van die apartheid-stereotipe in die buiteland begin raaksien en gaandeweg daarteen in opstand gekom.&nbsp;<em>Moltrein&nbsp;<\/em>verteenwoordig in \u2019n sekere sin my weerwraak op apartheid, op die woord self, maar ook op al die gemeenplase, halwe waarhede en opvattinge wat sowel plaaslik as internasionaal daaronder versprei is. Veral in Frankryk was die anti-apartheidsbeweging \u2019n blote afdeling van die Franse Kommunisteparty, en dit het my laat besef dat hulle \u2019n eie agenda gehad het om Afrikaners te beswadder in reaksie op hul eie morele probleme as gevolg van die kritiek op die kommunisme en die uiteindelik heengaan van die stelsel in Oos-Europa,\u201d vertel hy aan Stephanie Nieuwoudt in&nbsp;<em>Die Burger<\/em>&nbsp;van 15 Junie 2004.<\/p>\n\n\n\n<p>Hulle het hulle woonstel in die derde&nbsp;<em>arrondissement<\/em>&nbsp;verkoop en na \u2019n studio-woonstel naby die Bastille en Parys se nuwe opera-huis getrek. Vroeg in 1991 is Karin terug na Suid-Afrika om haar pa, wat \u2019n operasie moes ondergaan, by te staan. Dan het op daardie stadium sy buiging in die finansi\u00eble w\u00eareld gemaak en \u2019n klein verskansingsfonds bestuur deur termyne en opsies te verhandel, asook arbitrage-transaksies tussen Europese beurse en die Johannesburgse effektebeurs.<\/p>\n\n\n\n<p>Vroeg in 1992 het hy tussen Parys en Johannesburg gependel en met sy permanente terugkeer na Suid-Afrika in Mei 1992 het hy \u2019n pos as Senior Afgeleide Handelaar by die Standardbank van Suid-Afrika in Johannesburg aanvaar. Daar het hy \u2019n mark in valuta-opsies gemaak, asook rentekoerstermyne en -opsies vir die bank se rekening verhandel. Dan het Londen gereeld besoek en is met ope arms deur al die makelaars en belangrikste banke ontvang.<\/p>\n\n\n\n<p>Nedbank het Dan genader om by hulle in dieselfde hoedanigheid in die buitelandse mark-afdeling van die bank te kom werk. Na \u2019n jaar is hy egter afgedank ten spyte daarvan dat hy sy aanvanklike begroting in winste vir die bank vertiendubbel het. Hy het \u2019n hofsaak teen Nedbank gemaak wat tot 1997 geduur het en wat hy uiteindelik gewen het.<\/p>\n\n\n\n<p>Citibank het hom in dieselfde pos aangestel by hulle Johannesburg-kantore in Rosebank. Die plaaslike tak het geen prysstelsel vir afgeleides gehad nie en binne die eerste paar weke het Dan so \u2019n stelsel geskep. In 1999 is Dan weg by Citibank aangesien hy gefrustreerd geraak het met die bank se kredietbeleid wat hom verhinder het om betrokke te raak by langtermyn- afgeleide transaksies met enige Suid-Afrikaanse korporatiewe instellings, behalwe die drie top mynfinansieringsinstansies.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het sy eie besigheid begin \u2013 gestruktureerde transaksies vir maatskappye en het ook self op die aandele- en veral termynmarkte verhandel.<\/p>\n\n\n\n<p>Oor sy tydperk by die banke s\u00ea Dan aan LitNet: \u201cDit was vir my nogal interessant om in die banke se handelskamers te werk en met allerlei finansi\u00eble markte en instrumente om te gaan. By Standardbank was daar \u2019n wiskundige wat van Texas afgekom het, maar sy PhD in wiskunde van MIT ontvang het en hy het op \u2019n keer vir my ges\u00ea: \u2018As die finansi\u00eble markte nie bestaan het nie, sou \u2019n mens dit moes uitvind.\u2019\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In Mei 2011 het Dan, en ook Karin, hulle verkiesbaar gestel in die plaaslike munisipale verkiesings vir die Vryheidsfront Plus. Hulle het egter nie die paal gehaal nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Na sy terugkeer vanaf Frankryk het Dan aktief betrokke geraak by die saak vir Afrikaans en as \u2019n taalaktivis bekend geraak. In Julie 1996 het hy \u2019n lesing by die Franse Instituut in Johannesburg getitel \u201cLandscape, Language and Identity\u201d gehou. Al was die gehoor klein, het Dan die tonge los gehad met sy uitsprake oor &#8220;die herkolonisering van Suid-Afrika deur Engeland en die verband wat hy getrek het tussen dit en die oorname van die Afrikaner se taal en kultuur. Hy het ook verwys na die Afrikaanse platteland en dit in verband gebring met hoe die landskap in die Anglo-Boereoorlog in puin gel\u00ea is. Hy het gewys op die feit dat Engeland, omdat dit \u2019n nywerheidsland is, anders as die res van Europa, byna geen kleinboer-tradisie het nie. Dan beskryf daardie toespraak as die oomblik wat hy weer kultureel en polities betrokke geraak en dit het seker die verdere verloop van sy lewe bepaal, volgens Fransi Phillips in&nbsp;<em>Beeld<\/em>&nbsp;(25 Julie 1996).<\/p>\n\n\n\n<p>Di\u00e9 toespraak het gehandel oor die bedreiging van Afrikaans deur verengelsing. Dan het verder uitgebrei teenoor Fransi Phillips: \u201cIn al die kommentaar wat ons onlangs gehad het oor die veranderende status van Afrikaans, is daar vir my \u2019n gebrek aan \u2019n historiese bewussyn. In Europa kyk \u2019n mens nie na vandag sonder om ten minste die afgelope honderd jaar in ag te neem nie, want die laaste honderd jaar is in Europa deel van die huidige oomblik. In Suid-Afrika word die taalkwessie op die oomblik (1996) benader vanuit \u2019n virtuele moment wat afgesny is van die geskiedenis.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDis vir my vreemd dat niemand die verengelsing bevraagteken nie. Niemand vra \u2018Wat is Engels, waar kom Engels in Suid-Afrika vandaan?\u2019 nie. Engels in Suid-Afrika is vir my iets heeltemal anders as Engels in Engeland. Engels in Suid-Afrika is besig om allerlei veranderings te ondergaan, en daar is \u2019n definitiewe vervlakking in mense se verbale kompetensie. Ek het nie probleme met Engeland self nie. Ek hou selfs baie van Engeland. Jy kan my byna in \u2019n sin \u2019n Anglofiel noem. Maar in Suid-Afrika is die gedwonge verengelsing van kultuur besig om mense erg te vervlak. Marcus de Jong het altyd gepraat van hierdie boewetaaltjie, maar na my mening het ons die boewetaaltjie van apartheid nou verruil vir die boewetaaljie van politiek korrekte Engels, en dis vir my ewe leeg. Ek dink dat daar met die swart tale presies dieselfde ding besig is om te gebeur. Ons moet onsself afvra of dit werklik is wat ons wil h\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cAs daar iets is wat my dwars in die krop steek, is dit \u2019n gevoel van Ersatz \u2013 die gevoel wat \u2019n mens beetpak wanneer jy \u2019n Italiaanse villa in Pretoria moet aanskou. Die idee van \u2019n Ersatz-Engelse ervaring wat ons in Suid-Afrika in die gesig staar, wat basies maar \u2019n koloniale ervaring is, is vir my iets afgryslik. Dalk moet daar maar liewer \u2019n eksodus terug Engeland toe wees, dat ons minstens regtig Engels kan wees. Die idee dat almal in Suid-Afrika nou, of hulle wil of nie, moet inval by \u2019n soort verwaterde koloniale Engels en die feit dat mense nie meer krities daaroor is nie, is vir my \u2019n probleem.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDis verder vir my belangrik om Afrikaans los te maak van \u2019n Christelik-Nasionale identiteit. Ek is nie \u2019n Rapportryer nie, en die idee om een te word, het nog nooit by my opgekom nie. Vir my gaan dit veel eerder oor die reg van die individu om sy eie taal te praat en sy eie identiteit te behou. My stryd is dus steeds liberaal eerder as nasionalisties, en as ek moet kies tussen nasionalisme, marxisme en liberalisme, sal dit steeds liberalisme wees. Aan die ander kant is daar baie sogenaamde liberaliste met wie ek nie vereenselwig wil word nie omdat hoewel hulle hulself liberaal noem, hulle vir my veel eerder na opportuniste lyk. Op Wits het ek baie met sulke mense te doen gekry.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk wil egter ook nie s\u00ea dat ek my stryd vir Afrikaans buite die stelsel wil voortsit nie: waar is binne en buite nou eintlik tog? Dit gaan eerder oor \u2019n spesifieke aanvalshoek. Ons moet heeltemal wegbeweeg van die assosiasie van die taal met nasionalisme. Verder het ek ook \u2019n estetiese belang by die oorlewing van die taal. Ek is \u2019n groot bewonderaar van Nietzsche. Die estetiese is eintlik die enigste element wat oorbly as jy die Christelik-godsdienstige paradigma verwerp. Die estetiese kwaliteite van Afrikaans en die Afrikaanse kultuur is vir my waardevol.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Fransi Phillips wou weet watter maniere daar is om teen die verengelsing in verset te kom, maar destyds het Dan daarvoor nog geen klinkklare strategie gehad nie. \u201cEk sou s\u00ea \u2019n beginpunt is om daaroor te besin. Ek dink die Afrikaners onderskat die krag van denke. Denke kan baie, baie kragtig wees: ek sien elke dag op die aandelemark watter krag \u2019n korrekte analise kan h\u00ea. Rykdom bring ook mag: waarskynlik is Engels in Suid-Afrika so magtig omdat dit die taal van Anglo American is. Maar denke op sigself is oneindig magtig: ek dink as mense in Afrikaans meer genuanseerd en krities wil omgaan met die taal, kan daar vir hulle geweldige kragtige strategie\u00eb oopgaan.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMense moet meer die ruimheid van Afrikaans verken, nie net die ervarings van anderskleuriges nie, want dit kan weer in \u2019n soort regstellende aksie ontaard. Ruimheid, eerder in die sin van om grense \u2019n bietjie te versit en deurmekaar te maak. Daar kan byvoorbeeld in die uitgewerswese gekyk word na moontlikhede om belangrike filosofiese werke uit Europese tale in Afrikaans te vertaal, en byvoorbeeld die boeke van die Markies de Sade. Die erotiek kan in Afrikaans beter ontgin word; ons het geen erotiese tradisie nie. Die stereotipiese idees van Europe\u00ebrs oor Afrikaans en die Afrikaner moet ook gekonfronteer word, en die internet kan \u2019n belangrike medium wees om dit mee te doen. Die moontlikhede is oneindig. Dit waaroor ons nou hier sit en bespiegel, kan oor \u2019n jaar of tien \u2019n werklikheid word.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In 1999 het Dan begin om \u2019n optog vir Afrikaans na die Uniegebou te organiseer. Daar sou \u2019n versoekskrif wat die gelykberegtiging van Afrikaans met Engels bepleit, aan die president oorhandig word.<\/p>\n\n\n\n<p>Waarom die optog na die Uniegebou, wou Stephanie Nieuwoudt weet (<em>Beeld<\/em>, 3 Desember 1999): \u201cMense voel sterk oor Afrikaans, wat op verskeie vlakke uitgeskuif word. Maar daar is nie solidariteit nie. Ek wil as katalisator optree vir die betoging wat solidariteit kan skep. Afrikaans moet op die politieke agenda geplaas word sodat dit gelykberegtiging kan kry. Ons moet nie vergeet ons is almal belastingbetalers nie. Ons is kli\u00ebnte van die Suid-Afrikaanse staat. Maar ek kry nie die idee dat daar kultureel na my omgesien word nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie taalkwessie in die land, wat nog altyd tussen Afrikaans en Engels was, is nog al die jare onbesleg. Dit is belangrik dat konsensus bereik word oor wat presies die plek van Afrikaans, Engels en ander tale behoort te wees. Onder die NP-bewind het die taalkwessie amper \u2019n soort wapenstilstand bereik. N\u00e1 1994 het dit egter weer belangrik geword. Die struggle is verby en mense is nou weer besig om oor die taal te besin.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cAfrikaans is \u2019n nasionale en internasionale bate. Deur kultuuraktiwiteite, soos Afrikaanse kunstefeeste, kan rykdom geskep word deurdat ekonomiese bedrywighede gestimuleer word. Meer nog, die Suid-Afrikaanse geskiedenis kan sinchronies deur Afrikaans ervaar word m\u00e9\u00e9r as in enige ander Suid-Afrikaanse taal.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cAfrikaners het \u2019n besonderse verbintenis met die Suid-Afrikaanse landskap soos dit in die werke van Afrikaanse digters en skrywers duidelik word. Dit maak Afrikaans vir my anders. Uit Lacan se psigo-analitiese perspektief dat taal \u2019n lyf het, het Afrikaans \u2019n besonderse lyflikheid. Dis nie \u2019n neutrale kommunikasiemiddel nie. Dis \u2019n taal wat gevorm is deur die landskap en wat \u2019n sterk semantiese lyflikheid het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie optog het toe nooit plaasgevind nie, want \u201cdit was voortydig, aangesien die meeste mense destyds nog nie kon insien hoe Afrikaans deur die huidige staatsbestel bedreig is nie. Agterna was daar egter verskeie kleiner optogte, soos in 2000 in Braamfontein na Transnet se kantore, by die kampus van Tukkies op 14 Augustus 2002 en in 2003 na Kerkplein vanaf die Pretoriase stasie. Oor die afgelope vyftien jaar of so het ek aan dosyne optogte en betogings deelgeneem, maar dit is wel so dat dit nooit die soort menigtes bereik het waarvoor \u2019n mens gehoop het nie. My gevolgtrekking is dat betogings en optogte nie eintlik deel van die Afrikaner se kultuur is nie. Pieter Mulder het dieselfde vraag gestel in sy boek:&nbsp;<em>Kan die Afrikaners toyi-toyi?<\/em>&nbsp;Die antwoord is waarskynlik \u2019nee\u2019.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In Februarie 2000 is hy mede-stigter van Praag, Pro-Afrikaanse Aksiegroep. Praag word beskryf as \u2019n beweging vir Afrikaner-intellektuele, professionele persone, boere, studente en ander wat vir die regte van Afrikaners en wit Afrikane in die algemeen stry, asook vir gelykheid met swartes ten opsigte van eiendomsbesitreg, taal, toegang tot opvoeding, die reg om handel te dryf, ensovoorts.<\/p>\n\n\n\n<p>Praag was ook betrokke by verskeie veldtogte om die Afrikaanse taal te beskerm en die grondwetlike regte van Afrikaanssprekendes te verdedig teen beide private instellings en staatsdepartemente. Sommige van die veldtogte wat Praag geloods het, sluit die volgende in: teen Parmalat oor die insluiting van Afrikaans op hulle melkprodukte, die Departement van Korrektiewe Dienste oor die reg van vakleerlinge om in Afrikaans hulle eksamens te skryf, Woolworths, asook die Universiteite van Pretoria en Stellenbosch. In Februarie 2012 loods hy \u2019n veldtog op sy<a href=\"http:\/\/roodt.org\/\">&nbsp;persoonlike blog<\/a>&nbsp;teen die verengelsing van die Ho\u00ebrskool Fochville.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Dan is tale altyd aan politieke en milit\u00eare mag gekoppel. Daarby kom ekonomiese mag wat met milit\u00eare mag verstrengel is. \u201cDis nie toevallig dat Amerika die w\u00eareld kultureel oorheers terwyl hy ook milit\u00ear en ekonomies (in 2001) onoorwinlik geword het nie. Die enigste klein tale in die w\u00eareld wat gedy, is di\u00e9 wat deur \u2019n sterk outonome staat gerugsteun word en waar die bevolking welvarend is, soos Denemarke, Finland of Noorwe\u00eb. Die Afrikaanse bevolking is relatief welvarend, hoewel baie minder as die Dene, Finne of Noorwe\u00ebrs. Maar ons woon verstrooi oor \u2019n groot land tussen ander mense wat ons dikwels nie goedgesind is nie, en geen erg aan ons taal het nie. In sulke omstandighede moet \u2019n mens ten minste sterk op jou regte aandring, en as daar nie gehoor aan gegee word nie, is VEG in \u2019n metaforiese sin of selfs in die letterlike sin onafwendbaar, tensy jy iemand se slaaf of oorheers wil word, maar dan moet \u2019n mens \u2019n gebore masochis wees.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Praag het \u2019n uitgewersafdeling wat Dan se boeke uitgee, asook vertalings van G\u00fcnter Grass, Albert Camus, Stephen Smith,&nbsp;<em>Een jaar<\/em>&nbsp;van Jean Echenoz, en die dramas van George Weideman en Nico Luwes wat die wenners was van die eerste Sanlamprys vir drama. Dan het Echenoz se&nbsp;<em>Een jaar&nbsp;<\/em>gekies omdat dit \u2019n toeganklike teks is en Echenoz se werk van die beste voorbeelde van eietydse Franse letterkunde bied. Hy was s\u00f3 vasberade om \u201cboeke van goeie gehalte\u201d by Praag te publiseer dat hy twee van sy Italiaanse sportmotors verkoop het om geld vir die projek in die hande te kry.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir Dan is vertalings \u2019n belangrike deel van die letterkunde en deur vertalings word w\u00eareldliteratuur aan Afrikaners bekendgestel. Ook is Afrikaans vir hom \u2019n universele taal, verduidelik hy aan Stephanie Nieuwoudt in&nbsp;<em>Beeld<\/em>&nbsp;van 8 Junie 2004: \u201cOns behoort tot die Germaanse taalfamilie, wat oor meer as 120 miljoen sprekers beskik. Paul Kruger en Bismarck kon mekaar verstaan as elkeen sy huistaal gepraat het. Dit is nodig dat ons belangrike internasionale werke ook in Afrikaans lees en ontslae raak van die filistynse luiheid om Engels as ons venster op die buiteland te beskou.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In \u2019n onderhoud met&nbsp;<em>Rooi Rose<\/em>&nbsp;van Augustus 2001 het Dan ges\u00ea: \u201cDie krag van Afrikaans en sy blink toekoms is vir my opgesluit in die kreatiwiteit en passie van die mense wat dit praat. Daar is iets unieks en bewonderenswaardig aan Afrikaners, anders sou hulle en Afrikaans nie in taamlike moeilike omstandighede tot hier kon gekom het nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In 2012 s\u00ea Dan aan LitNet: \u201cEk is nou minder seker oor die toekoms van Afrikaans. Die taal se lot was nog altyd gekoppel aan die politiek en die Suid-Afrikaanse staatsbestel. Tans boer ons natuurlik al hoe verder agteruit. Toe ek dit tien jaar gelede voorspel het, het Tim du Plessis en ander dit net afgelag, maar die probleem is dat die meeste Afrikaners geen insig in linkse denke het nie. Hulle verstaan nie die meesleurende aard van \u2019n linkse revolusie nie en kom dit ongelukkig te laat agter. Indien Afrikaners maar net so voortploeter soos nou, dink ek hulle gaan alles &#8211; ook hul taal en kultuur &#8211; verloor en gaan hulle oorsee in Engelssprekende lande verengels, soos wat reeds met \u2019n groot deel van ons jeug gebeur. Ek glo egter in wonderwerke, in mense wat dikwels op \u2019n gegewe moment opstaan om die bykans onmoontlike te vermag. Die geskiedenis is vol sulke oomblikke.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dan se eerste publikasie n\u00e1 sy terugkeer na Suid-Afrika was \u2019n opstel getiteld&nbsp;<em>Om die Waarheidskommissie te vergeet<\/em>&nbsp;wat in 2001 by Praag verskyn.<\/p>\n\n\n\n<p>Pieter Duvenage (<em>Beeld<\/em>, 23 April 2001) skryf in sy resensie van bogenoemde opstel dat niks meer seker is nie. \u201cOns lewe in \u2019n tydsgewrig waar Afrikaners, Afrikaanses en Suid-Afrikaners almal uitgelewer is aan die grondverskuiwende politieke veranderinge sedert 1994. In die Afrikaanse w\u00eareld, veral vanwe\u00eb die sterk verbintenis tussen Afrikaners (Afrikaans) en apartheid, woed daar \u2019n intense denkstorm oor ons individuele en kollektiewe skuld al dan nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cBenewens die hete debatte in koerantkolomme en belangrike boekbydraes (van Van Zyl Slabbert, ZB du Toit, Willem de Klerk en Chris Louw), was daar die indrukwekkende debat tussen Danie Goosen en Wilhelm Jordaan.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cTeen di\u00e9 agtergrond het mens met verwagting na die bydrae van een van die rumoerigste figure in di\u00e9 debat, Dan Roodt, uitgesien. Roodt, goeie retorikus wat hy is, is die meester van die brisante formulering en flitsende gedagte in koerantkolomme, briewe en bydraes op LitNet. Die uitdaging van die filosofiese essay, waarin hy hom argumentatief kan opstel, stel egter ander eise. Dit is op hierdie punt wat \u2019n mens by voorbaat jou hart vasgehou het, want ten spyte van Roodt se skerpsinnige ontledings oor nuwe vorme van etnosentrisme en taalimperialisme in die huidige politieke konteks, het hy reeds met sy eerste opmerkings rondom die WVK (op LitNet) met \u2019n uiters problematiese geskiedenis-opvatting vorendag gekom.<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Roodt se bydrae bestaan basies uit twee dele. In die eerste plek bied hy uitvoerige argumente aan waarom ons die WVK moet vergeet en in die tweede plek bied hy \u2019n alternatief tot die WVK aan wat behalwe vergeetagtige verontskuldiging, ook op \u2019n sogenaamde veranderingsmodel (pp 20\u201327) en \u2019n alternatiewe lesing van geweld in die Suid-Afrikaanse konteks neerkom.&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>Duvenage vervolg: \u201cRoodt se kritiek op die WVK kom op die volgende neer. Dit volg \u2019n totaliserende logika waarvolgens daar net \u00e9\u00e9n interpretasie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis (naamlik die WVK s\u2019n) moontlik is. Daarmee verdwyn die verwikkelde aard van die Suid-Afrikaanse geskiedenis en veral di\u00e9 van apartheid (11, 13\u201318).<br>\u201cDan het Roodt dit teen die etniese vooroordeel van die kommissie wat grens aan die verdoeming van die wit Suid-Afrikaner en meer spesifiek die Afrikaner (13, 45, 69\u201370). Op \u2019n meer tegniese vlak word kritiek teen die WVK se gebruik van die leerstuk van die morele nie-gelykstelling van die opponerende partye en die idee van \u2019n regverdige oorlog geopper (30\u201342).<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cUiteindelik is sy slotsom dat die kommissie nie eens die basiese vereistes vir sy institusionalisering, die neutrale hantering van waarheid en versoening in \u2019n komplekse samelewing, nagekom het nie. Watter potensiaal daar ook moontlik in Roodt se kritiek op die WVK skuil, word dit myns insiens, behalwe sy ahistoriese oproep tot vergeetagtigheid, ook deur die koorsagtige haas waarmee dit gedoen word, ontsier. Hierdeur gaan belangrike nuanses rondom die WVK verlore.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Duvenage voel dat Roodt se filosofiese opstel misluk, omdat sy alternatief tot die WVK nie \u2019n grondige politieke basis het nie. Verder is sy siening van die geweld in Suid-Afrika ook eensydig. Duvenage meen dat daar wel etniese eienskappe in die gewelddadige geskiedenis van Suid-Afrika is, maar Dan Roodt sien nie strukturele eienskappe wat ook aanleiding tot die geweld gegee het raak nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Duvenage sluit af: \u201cDan Roodt is \u2019n belangrike provokatiewe stem in die huidige Suid-Afrika. Sy satiriese en polemiese styl val egter in die genre van die filosofiese opstel vas. Hoewel hy die deur op \u2019n belangrike Suid-Afrikaanse debat oopmaak, storm hy oor \u2019n drumpel waar engele en wyses huiwerig sal beweeg.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dan is egter nie \u2019n persoon wat bang is om \u201coor drumpels\u201d te storm nie. As hy voel \u2019n saak het meriete en iemand of iets word te na gekom, sal hy nie huiwer om as voorstander van die persoon of saak na vore te tree nie. Sy aksies grens soms s\u00f3 aan die reaksion\u00eare dat dit hom sy rubriek in die Sondagkoerant&nbsp;<em>Rapport<\/em>&nbsp;gekos het.<\/p>\n\n\n\n<p>John Miles, die skrywer, meen dit is bloot Dan se aard (Kirby van der Merwe se onderhoud in&nbsp;<em>Insig<\/em>): \u201cDan Roodt is bedraad om altyd in stryd te wees. Die Afrikanersaak is vandag (2004) \u2019n nuttige kwessie waardeur hy sy rebelsheid kan uitleef. Was d\u00edt nie daar nie, sou hy wel vinnig \u2019n ander saak gevind het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Hieroor laat Dan hom as volg teenoor Kirby van der Merwe uit: \u201cDit is net omdat mense \u2019n verkeerde beeld van my het. Die pers en die media skep \u2019n beeld van my wat nie altyd akkuraat is nie en niks met my te make het nie. Miskien is my geweldige rebelsheid in die verlede oordryf. Goed, ek was in daai dae baie rebels, maar ek het nog altyd baie sterk op Afrikaans gestaan. Maar \u2019n mens se politieke en intellektuele vyande het egter dieselfde gebly. Destyds sou ek en Marthinus van Schalkwyk nie om dieselfde vuur gesit het nie en dis nog steeds die geval. Ek was nog altyd aan die verkeerde kant.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Oor hierdie passie vir Afrikaans wat Dan nog altyd gehad het, het Johann Lodewyk Marais op 30 Augustus 1999 in&nbsp;<em>Beeld<\/em>&nbsp;\u2019n brief geskryf: \u201cDie waardering wat JPS du Toit van Pretoria uitspreek vir die kritiese vrae wat die skrywer Dan Roodt aan die Suid-Afrikaanse Nobelpryswenner Nadine Gordimer rig oor haar pejoratiewe uitbeelding van die Afrikaner in haar skryfwerk (<em>Beeld<\/em>, 26 Augustus) het my aan \u2019n ander geleentheid laat dink wat verdien om weer oorvertel te word. Ek doen dit soos ek dit kan onthou.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDit was in Julie 1985, op \u2019n byeenkoms van die Afrikaanse Skrywersgilde by die Universiteit van die Witwatersrand. \u2019n Hele paar voorste Suid-Afrikaanse skrywers, waaronder Nadine Gordimer (en JM Coetzee), het die middag opgetree. Gordimer het \u2019n toespraak afgesteek waarin sy (myns insiens) as \u2019n selfaangestelde regter oor die Suid-Afrikaanse letterkunde oorgekom het. Dan Roodt het daarna opgestaan (behoorlik ge<em>collar<\/em>&nbsp;en ge<em>tie<\/em>, onthou ek duidelik) en \u2019n goed bewoorde en deurdagte vraag in Afrikaans aan Gordimer gestel. Sy het onmiddellik selfvoldaan geantwoord dat sy nie verstaan nie. \u2019n Stilte het gevolg, met Gordimer en Roodt wat mekaar aangluur. Uiteindelik het Roodt op versoek van die voorsitter van die sessie, Jeanette Ferreira, die vraag te\u00ebsinnig herhaal in foutlose Engels.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cPresies waaroor Gordimer se toespraak en Roodt se vraag die middag gehandel het, kan \u2019n mens gaan kyk. Vir my is Roodt se uitdaging van hegemonie in al sy\/haar gedaantes egter belangriker. (Di\u00e9 middag in 1985 klaarblyklik na aanleiding van iemand wat weinig benul het van wat in die Afrikaanse en waarskynlik ook ander Afrikataal-letterkunde aangaan omdat sy die tale nie kan of wil verstaan nie, maar haar tog meermale heel stellig daaroor uitlaat.)<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cHierdie optrede van Roodt bly een van die skitterendste vertonings by die eertydse Afrikaanse Skrywersgilde wat ek ooit meegemaak het. Roodt se vrae aan Gordimer (in 1985 en 1999) en sy kritiese ontleding van onder meer die Waarheid-en-Versoeningskommissie se verslag vroe\u00ebr vanjaar op LitNet is voorbeelde van \u2019n durf wat nodig is om die oop gesprek waarvan NP van Wyk Louw gepraat het, in Suid-Afrika voort te sit.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cSo open hy nuwe moontlikhede vir betekenisvolle gesprekvoering oor taal- en kultuurgrense heen, maar dan sonder \u2019n ekskuus-dat-ek-lewe-houding.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In \u2019n brief aan&nbsp;<em>Beeld&nbsp;<\/em>van 6 September 1999 oor Gordimer het Dan in \u2019n naskrif aan Johan Lodewyk Marais geantwoord: \u201cMy oorspronklike vraag in 1985 het natuurlik gegaan oor hoe Gordimer haar verwysings na die strukturalis Levi-Strauss versoen met haar kwasi-Bybelse opvatting van die Woord, want uiteraard impliseer strukturalisme ook anti-humanisme. Tot vandag toe dink ek nie sy neem denke ernstig genoeg op om tussen twee verskillende taalopvattinge te onderskei nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In die onderhoud met Kirby van der Merwe word daar gepraat van wat mense van Dan Roodt dink en een ding is seker: die reaksies is nooit lou nie. Hannelie Booyens, \u2019n joernalis, was al by meer as een geleentheid in \u2019n woordewisseling met Dan gewees en sy s\u00ea reguit aan Van der Merwe: \u201cDie man is \u2019n f**n fascis. Miskien verduidelik \u2019n&nbsp;<em>quote<\/em>&nbsp;uit my&nbsp;<em>favourite B-grade sci-fi movie<\/em>&nbsp;hom die beste: \u2018He is evil and must be destroyed.\u2019 Of dalk moet ek \u2019n bietjie voortborduur op my teorie dat hy besig is met die grootste absurdste truuk van&nbsp;<em>performance art<\/em>&nbsp;in die geskiedenis van die mensdom.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Koos Kombuis, wat as Andr\u00e9 Letoit in&nbsp;<em>Taaldoos<\/em>&nbsp;gepubliseer het, het die volgende van Dan geskryf: \u201cIn Suid-Afrika is daar vandag \u2019n sekere persoon wie se&nbsp;<em>statements<\/em>&nbsp;in die media so belaglik, so na\u00efef en so beledigend vir die gemiddelde denkende mens se intelligensie is dat mens liefs niks verder van hom moet hoor nie. Plaas hom in huisarres, of as dit prakties onuitvoerbaar is, konfiskeer sy donnerse&nbsp;<em>computer<\/em>. Verban sy briewe van ons koerantblaaie. Boikot sy gedagtes, want hulle vergiftig ons en ons kinders se gedagtes met negatiwiteit. Hy is \u2019n gevaarliker invloed op ons kultuur as Nigeriese misdaadsindikate. Hy is selfs gevaarliker as&nbsp;<em>boy bands<\/em>.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Van der Merwe gaan voort: &#8220;Willie van der Grijp van die destydse HNP het Dan daarvan beskuldig dat hy vandag \u2019n kwasi-regse is. Hy noem hom \u2019n skynregse en bevraagteken ook sy moraliteit omdat hy ingewillig het om Kleinboer se&nbsp;<em>Kontrei<\/em>&nbsp;uit te gee nadat linkse uitgewers geweier het om die boek te publiseer. Volgens Van der Grijp maak die boek \u2019n bespotting van apartheid en die Afrikaner se geloofsoortuigings en word Afrikaners daarin \u201cop die mees onsedelike wyse denkbaar verneder en in \u2019n swak lig gestel. Dit is presies dieselfde aantygings wat Dan na Marlene van Niekerk oor&nbsp;<em>Triomf<\/em>&nbsp;geslinger het.&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>Oor al die negatiewe dinge wat na Dan geslinger word en die name wat hy genoem word, is Dan heel filosofies teenoor LitNet: \u201cEk dink ek was seker maar nog my hele lewe stroomop. Izak de Villiers het eenkeer vir my ges\u00ea: In die ou dae was die NP reg en hy verkeerd en nou is die ANC reg en hy is steeds verkeerd.\u2019 Ek dink mense wat my so aanval, doen dit meesal uit onkunde. Ons het ook \u2019n groot probleem met die Afrikaanse media wat heeltemal te gekonsentreerd geraak het en daarom is \u2019n mens \u00f3f in hulle guns \u00f3f glad nie. Dis amper soos die ou Sowjetunie waar skrywers in onguns verval.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDaarom pla dit my nie so vreeslik as mense my op \u2019n dom manier aanval nie. Dis net waar dit so lasterlik en kwaadwillig raak dat ek voel daar is grense of daar behoort te wees as dit by kwaadwillige voorstellings en stereotipering kom. Dis ook \u2019n geval van \u2018skiet die boodskapper\u2019. Omdat ek nugter genoeg is om dinge te beskryf soos hulle is of om die nabye toekoms min of meer te voorspel soos dit gaan gebeur, neem mense my daarvoor kwalik dat ek hulle saligheid voor Saterdag se rugby of vanaand se sepie bederf. \u2019n Groot deel van die Afrikaanse media en meningsvormers verkeer in \u2019n toestand van ontkenning en konstrueer \u2019n fantasiew\u00eareld vir hul lesers met mense soos ek wat dan met die \u2019nare werklikheid\u2019 geassosieer word, d\u00edt wat weggewens moet word.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns leef egter in \u2019n tyd van kultuurkonflik, nie net in SA nie, maar ook in die res van die w\u00eareld. Vandaar dus die skerp meningsverskille en amper godsdienstige ywer waarmee mense sekere maatskaplike en politieke opvattings soos byvoorbeeld die multikulturele samelewing aanhang. Meer en meer voel dit soos die botsing van teologie\u00eb en nie meer ideologie\u00eb nie. Figure soos Galileo of Voltaire inspireer my. Wanneer \u2019n mens die gangbare mening van jou tyd uitdaag, moet jy seker verwag om een of ander tyd deur die heersende orde met die dood gedreig te word.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dana Snyman s\u00ea ook aan Van der Merwe: \u201cAs Dan in Ventersdorp se kroeg \u2019n kappie gaan maak met die manne wat hulle vereenselwig met wat hy verkondig, sal hulle mekaar nie herken nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Kirby van der Merwe wou weet: &#8220;Is alles maar net vir jou \u2019n intellektuele spel en sal jy jou ooit kan vereenselwig met daardie Afrikaners vir wie jy praat?&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>Dan se antwoord is dat dit nie waar is nie. \u201cEk was nog nooit in my lewe snobisties of enigiets van die aard gewees nie. Ek was \u2019n hele naweek saam met \u2019n klomp boere in Noord-Transvaal. Ek en Karin het al saam met \u2019n joernalis van&nbsp;<em>Beeld<\/em>&nbsp;na armoede in die Vaaldriehoek gaan kyk. Ek het groot empatie met gewone Afrikanermense wat sukkel. Jy weet, dit maak nie eintlik saak hoe arm Afrikaners is nie, uiteindelik het hulle nog \u2019n sekere minimum vlak van beskawing. Ons het ons skole en \u2019n hele opvoedingstelsel wat ons oor jare opgebou het. \u2019n Mens het daarom altyd iets gemeen. Daar is altyd \u2019n kulturele substraat.<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Daar is niemand anders wat die groot ridder vir Afrikanerregte is nie, dus neem ek dit op my. Daar is eenvoudig nie leierskap nie \u2013 dis hoekom ek nou half, ja, iewers in die kalklig is of aan die voorpunt van een of ander aksie. My prioriteit l\u00ea vir my nie by die Xhosas of die Engelse nie, maar by die Afrikaners, want dis hulle wat die slegste daarvan afgekom het, wat op die plase vermoor word, wie se universiteite oorgeneem word, wie se kole verengels word. Hulle het my die nodigste.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In \u2019n onderhoud met Hanlie Retief in&nbsp;<em>Rapport<\/em>&nbsp;in 2000 s\u00ea hy: &#8220;Ek sien ook myself as die katalisator vir taalsolidariteit onder Afrikaners. Ek het nie bagasie uit die verlede nie, ek was nie in die weermag, of \u2019n Broederbonder of Junior Rapportryer nie. Ek kan vars na die situasie kyk en my insigte in filosofie en die letterkunde is ter sake, want dis baie ingewikkelde kwessies.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cIn die sestigs toe hulle geargumenteer het oor betrokkenheid, het Andr\u00e9 Brink ges\u00ea betrokkenheid impliseer dat jy iets aan die werklikheid wil verander. Ek is betrokke. Ek wil die taalbedeling in Suid-Afrika verander.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns kan nie teruggaan na voor 1994 nie. Die ideale situasie is \u2019n federale taalbeleid in Suid-Afrika, met twee hooftale wat landwyd erkenning geniet. Afrikaans word tog landwyd gepraat. Daar behoort drie tot vier amptelike tale op streekvlak te wees, en moedertaalonderrig.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dan en Karin bly op die gholflandgoed, Dainfern, in Johannesburg, en hulle het drie kinders, \u2019n tweelingdogter, Octavia, en \u2013seun, Tristan, en nog \u2019n seun, Alexander. Die geboorte van die tweeling in 1995 het Dan onder die indruk gebring van hoe kinders altyd \u2019n mens se denke en ingesteldheid be\u00efnvloed. \u201c\u2019n Alleenloper of \u2019n paartjie leef vir hulself of vir die oomblik, maar sodra \u2019n mens kinders moet grootmaak, raak jy baie meer besorg oor die toekoms en oor stabiliteit. Elke ouer wil waarskynlik h\u00ea dat sy kinders in \u2019n gesonde, veilige omgewing moet grootword, iets wat ons natuurlik nie meer in Suid-Afrika het nie.\u201d (Aan LitNet.)<\/p>\n\n\n\n<p>In 2004 het Dan die moontlikheid begin opper dat daar \u2019n Afrikaanse tak van die internasionale skrywersorganisasie PEN in Suid-Afrika gestig moet word, hoewel daar reeds \u2019n Suid-Afrikaanse Pen bestaan het. Oor sy redes daaragter het Dan aan Kirby van der Merwe op LitNet ges\u00ea: \u201cToe ek aanvanklik aan die gedagte van \u2019n Afrikaanse PEN gekom het, het ek kontak opgeneem met die sogenaamde South African PEN in Kaapstad om hulle mening oor die saak te toets. Die hoof van South African PEN het geen beswaar daarteen gehad nie, en kon insien dat die kwellinge van Afrikaanse en Engelse skrywers in Suid-Afrika hemelsbreed verskil. N\u00e1 alles word Engels as taal nie in Suid-Afrika bedreig nie: hulle verwyder nie Engelse boeke uit universiteitsbiblioteke om hulle te verpulp of gooi argiefmateriaal op die ashoop of verbied mense om Engels by die werk of op die skoolterrein te gebruik soos by die Cornwall Hill-skool met Afrikaans gebeur het nie. Sover ek weet, is geen Engels-departement aan enige van die universiteite nog ooit gesluit nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie situasies van Engels en Afrikaans in Suid-Afrika verskil radikaal. Ook is hulle nie onderling verstaanbaar nie, sodat ons moeilik sonder tolke kan kommunikeer of sonder om een taal soos Engels te laat oorheers. Ons liter\u00eare tradisies is werklik heel uiteenlopend en daarom maak dit sin om minstens twee PEN-sentra in die land te h\u00ea. As ek reg verstaan, is die maksimum wat PEN Internasionaal per land toelaat, vyf. Indien die skrywers wat in die ander SA tale skryf dus nie gou spring nie, gaan iemand iewers agterbly.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Willem Fransman, jr (ook op LitNet) wou weet of Dan bewus is van die bestaan van die Afrikaanse Skrywersvereniging (ASV) en dat hulle sedert 1995 lidmaatskap verskaf aan alle Suid-Afrikaners wat in Afrikaans wil skryf. \u201cEk is bewus van die bestaan van so \u2019n organisasie. Ekself (asook ander skrywers) definieer my nie as \u2019n \u2018Suid-Afrikaner\u2019 of \u2019nuwe patriot, of wat mens dit ook al wil noem nie. Die hele gedagte van \u2019n Afrikaanse PEN is juis dat ons wil wegkom van \u2019n politiekery rondom letterkunde en die universele aspek daarvan wil beklemtoon, tesame met ons verbintenis aan Afrikaans. Omdat Afrikaans grotendeels \u2019n staatlose taal geword het, is daar groot behoefte aan internasionale kontak vir ons skrywers en daarom sou lidmaatskap van PEN meer gepas wees. Persoonlik is ek ten gunste van gesprek en kontak tussen alle skrywers in die land, waar dit sinvol is. Dit geld ook die verskillende skrywersverenigings van die verskillende taalgroepe, of op watter basis skrywers ook al met mekaar wil assosieer. Dit sou sekerlik onwenslik wees dat alle skrywers in die land onder \u2019n verpligting sou verkeer om aan \u2019n enkele skrywersvereniging soos die Sowjetskrywersvereniging in die voormalige Sowjetunie te behoort. Dit sou ook moontlik wees vir skrywers om aan meer as een vereniging te behoort, na vrye keuse.\u201d<br>Philip John (op LitNet) het aan Dan gevra hoe \u2019n Afrikaanse tak van PEN versoenbaar is met PEN se bevordering van die belange van skrywers op \u2019n niesektariese grondslag. Hierop het Dan geantwoord dat John hom eers op hoogte moet stel van PEN se grondbeginsels en handves voordat hy so \u2019n vraag vra. \u201cArtikel 1 van die PEN-handves stel dit baie duidelik: \u2018Literature, national though it be in origin, knows no frontiers, and should remain common currency between nations in spite of political or international upheavals.\u2019<br>&#8220;Ons het die handves reeds in Afrikaans vertaal, maar ten einde geen onduidelikheid te laat nie, word dit hier in die amptelike Engels aangehaal. Letterkunde is \u2019nasionaal van oorsprong\u2019, wat ook impliseer dat dit in verskillende tale geproduseer word. Letterkunde moet \u2019n gemeenskaplike medium tussen volkere bly, ongeag die politiek. In Suid-Afrika word die Afrikaanse letterkunde tans om politieke redes misken omdat dit draer sou wees van \u2019n ongewenste identiteit. Internasionale PEN sou juis ons reg op \u2019n eie taal en eie letterkunde wou verdedig t\u00e9\u00e9n die sentralistiese wense van die SA regering. Een van PEN se oogmerke is juis die bevordering van letterkundes in kleiner tale soos Afrikaans. Daar bestaan, benewens \u2019n Spaanse PEN, ook \u2019n Katalaanse, naas \u2019n Waalse, ook \u2019n Vlaamse, ens.\u201d<br>Dan het verder op LitNet verduidelik: &#8220;Die waarde van \u2019n skrywersvereniging l\u00ea in die uitruil en kruisbestuiwing van gedagtes, die medewerking aan \u2019n gemeenskaplike doelwit wat die bevordering van die Afrikaanse taal en letterkunde is. Dit is ook baie na\u00efef om te dink dat skryf, soos masturbasie, \u2019n aktiwiteit is wat op eie houtjie verrig word! Die literatuurteorie van die twintigste eeu, vanaf die Russiese Formaliste, het juis aangetoon dat skrywers in \u2019n groot mate met tweedehandse stof omgaan, dat hulle bloot herskryf wat reeds geskryf is. Taal is \u2019n kollektiewe medium waardeur ons omring word van ons geboorte af. Die skrywer skryf nie net in \u2019n bepaalde taal nie, maar ook binne \u2019n bepaalde tradisie. Dit is min of meer wat Julia Kristeva met die term interteks bedoel het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Kirby van der Merwe wou weet watter versekering het skrywers wat by die Afrikaanse PEN sou aansluit dat die organisasie nie vir \u2019n politieke agenda gekaap gaan word nie?<\/p>\n\n\n\n<p>En Dan se antwoord was: \u201cDie Afrikaanse PEN word gebind deur die beginsels van PEN Internasionaal, wat in wese \u2019n nie-politieke organisasie is. Persoonlik sou ek wou h\u00ea dat ons politiek eerder nie vanuit PEN bedryf nie, maar vanuit ander organisasies wat meer geskik is daarvoor. Ek dink dat ons binne PEN moet fokus op die bevordering van letterkunde, \u2019n leeskultuur, vertaling, boeke en alles wat daarmee saamhang. Hier en daar sal ons seker ons stem moet dik maak oor die gebrek aan aankope van biblioteke, die regering se afsydigheid teenoor die boek, en dergelike meer, maar in die geheel dink ek nie dit sal \u2019n groot deel van ons aktiwiteite of verklarings uitmaak nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In 2006 het die internasionale PEN die aansoek om \u2019n Afrikaanse tak van PEN in Suid-Afrika goedgekeur ten spyte van die teenkanting van mens soos Nadine Gordimer, Willem Fransman jr, terwyl mense soos Anthony Fleischer, president van SA PEN en Raymond Louw, SA PEN se verteenwoordiger, ten gunste daarvan was.<\/p>\n\n\n\n<p>In 2004 word&nbsp;<em>Moltrein<\/em>&nbsp;by Praag uitgegee. Teenoor Stephanie Nieuwoudt (<em>Beeld<\/em>, 8 Junie 2004) som Dan&nbsp;<em>Moltrein<\/em>&nbsp;as volg op: &#8220;Dit is \u2019n romanse vir die leser wat iets meer verwag as man ontmoet meisie op \u2019n tropiese eiland. Jy kan dit \u2019n post-postmoderne liefdesverhaal noem. Anton du Preez is \u2019n onsuksesvolle pianis en komponis wat heelwat tyd in die Paryse moltreinstelsel deurbring totdat hy die fabelagtig ryke Erika ontmoet. Sy verlos hom uit die verveling van \u2019n middelmatige bestaan as moltreinpassasier, en hulle besoek allerlei interessante plekke en restaurante, met \u2019n oordaad aan seks en liter\u00eare verwysings. En natuurlik ondergrawe die hele boek ons begrip van apartheid deur dit te verestetiseer.&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>Daar is outobiografiese elemente in&nbsp;<em>Moltrein<\/em>, vertel Dan aan Stephanie Nieuwoudt (<em>Beeld<\/em>, 8 Junie 2004), maar in die geheel moet dit as fiksie gelees word. Daar is fundamentele verskille tussen Dan en die hoofkarakter. \u201cHy speel baie beter klavier as ek, terwyl ek weer beter as hy ski. Soos Nabokof egter oor een van sy vroe\u00eb romans ges\u00ea het: \u2018Die pret daarvan is nie in die outobiografiese dele nie, maar elders, in die konstruksie, die temas, leitmotiewe, ensovoorts.\u2019\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Oor die titel&nbsp;<em>Moltrein<\/em>&nbsp;s\u00ea Dan hy hou van die woord \u201cmoltrein\u201d wat in geen ander taal ter w\u00eareld bestaan nie en op sigself \u2019n ryk beeld is. \u201cDit som ook Parys op, die moltreinstelsel met sy doolhof van gange en stasies waarin die vreemdeling verdwaal kan raak. Dit verteenwoordig natuurlik ook d\u00edt wat die Franse \u2019n&nbsp;<em>voyage sur place<\/em>, \u2019n reis op dieselfde plek, noem; want hoewel jy duisende kilometers ondergronds kan afl\u00ea, bly jy maar in dieselfde stad. In die boek roep die naam van elke moltreinstasie iets by die hoofkarakter op, en beskik dit oor assosiasies wat hom terugvoer na sy verlede.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dan was nie bang dat die lesers van&nbsp;<em>Moltrein<\/em>&nbsp;die boek teen die agtergrond van sy politieke-aktivis-persona sou lees nie. \u201cIn Suid-Afrika is ons swak met definisies. Die Engelse het die Afrikaners jare lank \u2018regses\u2019 genoem, en nou het hulle self begin glo dat as jy Afrikaans wil praat en jouself \u2019n Afrikaner noem, is jy \u2019n regse. Eintlik is dit dom. Ek vind egter dat buiten \u2019n handjie vol mense wat hulself as \u2018links\u2019 beskou en nog nie agtergekom het dat die Berlynse Muur geval het nie, daar min mense is wat sulke vooroordele teen my koester. In elk geval is dit \u2019n teken van jou volwassenheid as leser as jy \u2019n boek op sy eie kan beoordeel sonder om te wonder of jy van die skrywer se politiek hou al dan nie. Anders het ons seker nie meer C\u00e9line of Breyten Breytenbach gelees nie.<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Daar is dieselfde soort outori\u00eble selfbewussyn, die spel met werklikheid en fiksie tussen my nuwe skryfwerk en&nbsp;<em>Twee sinne<\/em>&nbsp;en&nbsp;<em>Sonneskyn en chevrolet<\/em>, hoewel dit minder prominent in&nbsp;<em>Moltrein&nbsp;<\/em>is. Ook die aanhalings en verwysings na ander skrywers kom volop in albei voor.&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>Andr\u00e9 P Brink (<em>Rapport<\/em>, 6 Junie 2004) was nie baie vleiend in sy resensie oor&nbsp;<em>Moltrein<\/em>&nbsp;nie, hoewel hy dit nie as \u2019n algehele mislukking beskou het nie. \u201cPlek-plek was die lees daarvan nogal meevoerend, veral in die reishoofstukke, insluitende die ski-episode. Roodt s\u00ea self, deur die spreekbuis van Anton du Preez, dat Hitler darem ook mooi snelwe\u00eb laat bou het. En sulke snelwe\u00eb kom die leser ook plek-plek hier te\u00eb, meestal in los tonele of soms pikante segswyses, die oopgelate einde.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMaar dan tuimel die swaarwigtigheid weer daaroor \u2013 en ook die baie skryffoute in Afrikaans (dit komende van iemand wat so gesteld is op korrekte taalgebruik), die lomp en soms gewoon foutiewe hantering van die verlede tyd, die banaliteit, die oorvereenvoudigings oor Europa \u00e9n Suid-Afrika, die vernaamdoenery en wysneusighede. Aan die einde van die boek voel die leser soos Anton toe hy die eerste keer die moltreinw\u00eareld verlaat het: dis \u2019n genade om net weer lug te skep.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Joan Hambidge (<em>Die Burger<\/em>, 14 Junie 2004) was meer positief oor&nbsp;<em>Moltrein<\/em>&nbsp;en het in haar resensie soos volg geskryf: \u201c<em>Moltrein&nbsp;<\/em>kan ook net as storie gelees word, maar die uitsnuffel van al die intertekste \u2013 soos \u2019n weggooi-verwysing na die mistisisme \u2013 maak dit vir die letterkundige leser \u2019n plesierrit. Die roman bewys dat tekste buite die sisteem \u2013 soos&nbsp;<em>Kontrei&nbsp;<\/em>van Kleinboer \u2013 hoogs noodsaaklik is, omdat dit die stereotiepe idee van wat \u2019n goeie of groot roman nou eintlik behoort te wees afbreek. Boonop is die skrywer, soos in Houellebecq se&nbsp;<em>Atomised en Plateforme<\/em>&nbsp;(Platform), vreesloos voor die stereotiepe of die polities korrekte versugting.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDaar word \u2019n genuanseerde blik gegee op die taalpolitiek. In die verhouding met \u2019n geliefde wat aan die Kommunistiese Party behoort, word die liefde ook as \u2019n ideologiese konstruksie geanaliseer. Barthes het immers hierdie toestand ook in sy&nbsp;<em>D\u2019un discours amoureux<\/em>&nbsp;(<em>A lover\u2019s discourse<\/em>) geanaliseer. Ook Barthes se siening van die doksa kom aan bod \u2013 dit wat \u2018waar\u2019 of \u2018geldig\u2019 is. Die balans tussen slim toespelings (soos die betekenis van ski) en bronstige vertelling word puik volgehou. Sjampanje, duur klere, die betekenis van die Eiffeltoring, musiek, Ferrari\u2019s word as tekens uitgestal. Die leser beweeg voortdurend tussen die ondergrondse toespelings en die bogrondse verhaal oor ontheemding en verlies. Dit is nie net \u2019n kulturele verlange wat geskets word nie, maar ook die pynlike verlies aan \u2019n geliefde.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cWaarskynlik sal lesers wat nie van Roodt se taalpolitiek hou nie, negatief wees teenoor die roman. Die roman bewys egter Barthes en Foucault se stellings oor die \u2018dood van die outeur\u2019 reg: die teks het sy eie drif, beweging of energie, onafhanklik van die werklike of konkrete outeur.&nbsp;<em>I was gobsmacked<\/em>.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Ook Hennie van Coller (<em>Volksblad<\/em>, 11 Oktober 2004) was positief oor&nbsp;<em>Moltrein<\/em>. &#8220;<em>Moltrein<\/em>&nbsp;sluit aan by Roodt se bewuswees van die liter\u00eare tradisie waarteen ingeskryf word, asook van sy ikonoklasme wat min ontsien wat, soos reeds genoem, kenmerke was van sy debuutromans.<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Dit is \u2019n roman wat van meet af aan \u2019n gesprek aanknoop met die werk van belangrike Sestigers soos Brink, Rabie en Leroux. Met die eersgenoemde twee skrywers in die eerste plek oor die beeld van Parys wat in sommige van hul werke gestalte gekry het; met Leroux op grond van die pikareske inslag van sy werk \u00e9n van die hantering van die (satiriese) reisverhaal.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cParys het in die Afrikaanse letterkunde al mitiese proporsies begin aanneem, veral in die werk van Andr\u00e9 P Brink. (&#8230;) In Roodt se&nbsp;<em>Moltrein<\/em>&nbsp;kry ons die vernietiging en uitholling van hierdie (en talle ander gevestigde) mites. Die hoofpersoon is Anton du Preez wat, gewapen met sy Franse van, die Paryse hoofstad aandurf.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie ontvlugting na Parys bied hom die geleentheid om milit\u00eare diensplig in Suid-Afrika te ontduik, maar hy word veral gedryf deur sy droom om \u2019n konsertpianis te word. Gou besef hy die futiliteit van sy ambisie en word \u2019n klavier-onderwyser van veral verwende rykmanskinders. Sy groot vleuelklavier dwing hom om \u2019n groot woonruimte te bekom \u2013 \u2019n bekostigbare woonstel in die hoerebuurt. Hier word prostitusie totaal ontdaan van die romantiek wat dikwels in die kuns daaraan toegedig word. Boonop moet hy vir sy klavierlesse Parys met die moltrein deurkruis, en betree so \u2019n onderaardse bestaan van donkerte en eensaamheid. Hierdeur alleen al word \u2019n streep getrek deur die opvatting dat die estetiese (\u2018Kuns\u2019 met \u2019n hoofletter) betekenis verleen aan \u2019n menselewe.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cNie verniet nie is die mol die argetipiese beeld van ondergrawing en ondermyning. Anton se eksistensi\u00eble protes kry aanvanklik beslag as opstand teen die Franse burokrasie deurdat hy besluit om op onwettige wyse gratis op die moltreine te ry; \u2019n praktyk met verreikende gevolge vir hom as buitestander. Maar sy opstand neem ook ander vorme aan. Hy ondermyn byvoorbeeld aanvanklik die verwagtinge wat kommunistiese Franse het aangaande rassistiese Suid-Afrikaners, ondergrawe later die euforie wat heers oor die \u2019nuwe Suid-Afrika\u2019 deur te wys op die onderdrukking van Afrikaans \u00e9n skryf die w\u00eareldwye afkeer van apartheid toe aan buitelanders se eie onverwerkte skuld oor die Joodse vervolging en aan die behoefte aan \u2019n sondebok. (&#8230;)<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cGou raak die moltrein die sentrale metafoor van die roman. Hierdie onderw\u00eareld van Parys verskil byvoorbeeld opmerklik van byvoorbeeld Brink se Parys in&nbsp;<em>Die ambassadeur<\/em>&nbsp;waar die hoofpersoon met luukse motors deur bre\u00eb boulevards vervoer word. Op bewustelike wyse (kyk bll 38, 43 en 67) raak die getekende onderw\u00eareld beeld van \u2019n bestaan waar mense naas en langs mekaar beweeg, party mekaar selde ontmoet, en ander weer voortdurend met mekaar in aanraking kom. Die mens as willose slagoffer van toeval (Noodlot) staan hier sentraal. Op bl 30 dink Anton hoe vreeslik dit moet wees om naamloos in Parys te sterwe, ver van die bekende; \u2019n wrang vooruitwysing na sy eie enigmatiese dood (bl 297) en verwant aan die bekende Roland Barthes se einde.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie bykans parodi\u00ebrende inskryf teen veral Brink word dalk die beste ge\u00efllustreer deur Roodt se hantering van die seksuele in hierdie roman. (&#8230;)<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Roodt se inskryf teen Brink is derhalwe \u00f3\u00f3rduidelik. Dit ontluister Parys as romantiese kunstenaarsmekka, is \u2019n travestie van Brink se seksopvattings, spot met die kunstenaarsgewete en met politieke regskapenheid \u00e9n dryf deur die omslag, die motto\u2019s en die aaneenryg van talryke sitate uit boeke, intertekstualiteit op die spits. Daarom is die hoofkarakter geen held nie, maar vanwe\u00eb sy romantiese en nostalgiese ingesteldheid iets van \u2019n anachronisme. Hierdeur is hy verwant aan Leroux se pikareske knolskrywer, wat in&nbsp;<em>Isis Isis Isis<\/em>&nbsp;voortdurend reis en deur kos en drank en seks wanhopig probeer om vastigheid te vind en sy eie identiteit te skep.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDalk is die hoogtepunt in die roman die wyse waarop getoon word dat die moderne mens sy eie identiteit slegs plaasvervangend kan skep, onder meer deur die vashou aan ontwerpersklere en handelsname, eksotiese geregte en duur drank. Hierdie \u2018fictional dreck\u2019 vorm die boustene van ons bestaan en is in hierdie roman gelaai met erotiek.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDit is \u2019n onthutsende boek waar (soos in die geval van Brink se&nbsp;<em>Donkermaan<\/em>) dit nie altyd duidelik is of narratiewe gebreke onbedoeld is of deel van die parodie nie. Wat my bybly, is nie die metafiksionele spel nie, ook nie die politiek inkorrekte uitsprake of selfs die ontluisteringstegnieke nie. Wel die aktualisering van die modernistiese grootstadroman, wat hier sonder die moderniste se intellektualiteit ten tonele gevoer word. Want hier is \u2019n onderliggende pessimisme oor mens en w\u00eareld voelbaar, \u2019n eietydse eksistensi\u00eble wanhoop aangesien niks meer durende uitkoms bied nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Op LitNet het Deborah Steinmair geskryf dat daar van haar as&nbsp;<em>shock jock<\/em>&nbsp;natuurlik nie verwag kan word om al die narratiewe strukture raak te sien en al die Franse en Duitse subtekste op die punte van haar vingers te h\u00ea nie. \u201cAs LESER en&nbsp;<em>closet<\/em>&nbsp;Parysverskrikte het ek die lywige wit boek boeiend gevind. Dit is propvol inligting oor die gatkant en sjokoladekant van Parys, oor watertand disse, peperduur drank en boetiekuitrustings. Die mens agter die Afrikaanse boek bly hom of haar onvermydelik opdring aan die leser. In die geval van&nbsp;<em>Moltrein<\/em>, waar die protagonis langerig, skraal en elegant geklee is met \u2019n uitdrukkinglose gesig en droewe kyk in die o\u00eb, het dr Roodt onvermydelik op my innerlike bioskoopskerm opgedoem.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c<em>Moltrein<\/em>&nbsp;bied die leser \u2019n sekere \u2018kick\u2019 &#8211; hoewel clich\u00e9-agtig \u2013 \u2019n mens kan jou vir \u2019n paar uur lank verbeel dat jy soos Lucy Jordan deur Parys jaag in \u2019n sportmotor met die warm wind in jou hare. Ongelukkig is die sinne soms ellelank, die taalgebruik dikwels gedateer en formeel. Daar word telkens van die verlede tyd gebruik gemaak, \u2019n vertelstyl wat in Afrikaans langdradig en onnodig is. Die verteller beskik genadiglik oor \u2019n kille oog en \u2019n lekker selfspot, hy vertolk homself met \u2019n knippie sout, delf dikwels die onderspit en sien sy gat letterlik en figuurlik teen sneeubedekte hange ver van sy vaderland. Die karakter van sy geliefde Erika bly egter vaag, soos die twee-dimensionele kartonpoppies waaraan \u2019n mens as kind die een dromerige uitrusting na die ander kon hang. Met haar voorkoms is die leser oorbekend: die voorspelbare blonde hare en blou o\u00eb, die egalige wit tande, die slanke nek, dun middeltjie, mooi boude en borste wat hygtydskrifte en motoronderdele-almanakke laat verkoop of waarop opblaaspoppe blykbaar universeel geskoei word. Haar psige bly egter \u2019n ongekaarte see.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Ek het verneuk gevoel omdat die boek vir my in die finale analise politieke propaganda is. Tussen die katedrale en Michelin-3-ster-etes, tussen die hete gekafoefel en afsuig in openbare plekke, duik daar immer weer, soos met subliminale suggestie, sinsnedes en paragrawe op oor die skoonheid, die edelheid, die miskenning van die Afrikaner, die w\u00eareld se wanpersepsie en onregmatige stigmatisering van apartheid. Tot vervelens toe.&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>In 2007 publiseer Praag&nbsp;<em>Aweregs<\/em>&nbsp;met die subtitel&nbsp;<em>politieke essays<\/em>. Pieter Duvenage (<em>Rapport<\/em>, 23 Maart 2007) beskryf&nbsp;<em>Aweregs<\/em>&nbsp;as \u201cvuisdik\u201d met 537 bladsye wat bestaan uit sowat 100 politieke essays wat tussen 2000 en 2004 as meningsartikels in verskeie publikasies verskyn het en een akademiese bydrae oor die holistiese denke van Jan Smuts. Wat vir Duvenage die leeservaring bemoeilik, is die feit dat daar nie \u2019n tematiese of chronologiese volgorde is nie.<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Hoewel die fokus van&nbsp;<em>Aweregs<\/em>&nbsp;die ANC en Afrikaners is, word daar ook aandag gegee aan kwessies soos multikulturalisme, argitektuur, seksuele politiek, die Amerikaanse era, \u2019n postmenslike toekoms, sport en ons algemene waardekrisis.<\/p>\n\n\n\n<p><em>&#8220;Aweregs<\/em>&nbsp;is \u2019n omvangryke essaybundel met te veel perspektiewe vir een bespreking. Daar is wel tekortkominge. Dis te lank, loop die gevaar van herhaling en, met beter redigering, sou dit tematies en chronologies sterker gefokus het. Uit \u2019n inhoudelike oogpunt het die fokus op die ANC en Afrikaners beperkinge en hiermee word die groter verwikkeldheid van die Suid-Afrikaanse problematiek (veral die ekonomiese kant) onderspeel.<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Die meeste essays wek die indruk van gejaagdheid. Retories en satiries is hulle goed, maar jy voel dikwels die skrywer kon meer besinnend en dialekties met sy onderwerp(e) omgegaan het. En dit is jammer, want uiteindelik is die tragedie van die Suid-Afrikaanse openbare lewe ook die tragedie van Dan Roodt: te veel venyn en te min takt.&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>Dan lewer gereeld bydraes tot&nbsp;<em>Focus<\/em>, die tydskrif van die liberale Helen Suzman Stigting, rubrieke in&nbsp;<em>American Renaissance<\/em>, \u2019n tydskrif vir rasseverhoudings, verskeie wetenskaplike en akademiese tydskrifte in Suid-Afrika, Nederland en Belgi\u00eb, sowel as vele artikels in Suid-Afrikaanse koerante soos&nbsp;<em>The Mail &amp; Guardian<\/em>,&nbsp;<em>The Sunday Times<\/em>,&nbsp;<em>Business Day<\/em>,&nbsp;<em>Beeld<\/em>,&nbsp;<em>Die Burger<\/em>&nbsp;en&nbsp;<em>Rapport<\/em>. Hy is ook \u2019n gereelde gas op televisie- en radioprogramme in Suid-Afrika.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir Van Coller en Steyn is die ooreenkomste tussen Jan Rabie, wat ook as \u2019n taalaktivis beskou kan word, en Dan Roodt: \u201cWaar Rabie in opstand kom teen die liter\u00eare pouse, Opperman en Van Wyk Louw, en die politieke maghebbers van die tyd, die Nasionale Party, kom Roodt in opstand teen die huidige liter\u00eare pouse onder wie Andr\u00e9 P Brink, Antjie Krog, Marlene van Niekerk \u00e9n as verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Engelse literatuur, Nadine Gordimer. En op politiektaal- en kultuurpolitieke gebied teen die maghebber van \u00f3ns tyd, naamlik die ANC.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cIn die standaardtaalkwessie is Roodt sonder doekies omdraai \u2019n voorstander van Standaardafrikaans.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMaar veral is Roodt bekend as taalaktivis en die stigter van Praag, die pro-Afrikaanse aksiegroep. Hy is die oprigter van \u2019n uitgewery, en stigter van die Afrikaanse tak van die internasionale skrywersorganisasie PEN. Hy is \u2019n skerpsinnige, veelsydige, maar ook uiters omstrede kommentator en so ver van polities korrek dat die&nbsp;<em>Rapport<\/em>&nbsp;hom as gereelde kommentator afgedank het. Soos Rabie van ouds is Roodt \u2019n aktivis wat nie wegskram van briewe, petisies en enkele kere selfs betogings nie. Maar selfs bloot deur ongemaklike vrae op berade en kongresse te stel, ontketen hy woede. In Februarie 2005 het \u2019n groot polemiek in&nbsp;<em>Die Burger<\/em>&nbsp;en op LitNet gewoed nadat hy uitgenooi is om op die Woordfees in Stellenbosch te gaan praat, en sommige akademici beswaar teen die uitnodiging gemaak het omdat \u2019n internet-artikel van hom volgens hulle rassisties is. Dat sy politieke betrokkenheid ook sy werk bedreig, is reeds by die verskyning van sy eerste werke betoog, onder ander deur JC Kannemeyer.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEn tog hoor \u2019n mens dikwels in die omgang: ek stem nie saam met sy styl of die manier waarop hy sy saak verwoord nie, maar ek dink Dan Roodt is eintlik reg. Hy is inderdaad \u2018reg\u2019 in dieselfde opsig as wat DF Malherbe en Rabie reg was, naamlik dat taalaktivisme in wese neerkom op mobilisasie en stryd. (&#8230;) Malherbe, Rabie en Roodt het almal in dieselfde rigting gedink, deur te wys op die uitwasse van transformasie, en het hulle daarteen verset.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dan het homself as volg aan Kirby van der Merwe beskryf: \u201cEk is \u2019n skrywer en aktivis vir Afrikanerregte wat oor sowel \u2019n kreatiewe as analitiese vermo\u00eb beskik. N\u00e1 studies in die letterkunde en filosofie het ek ook jare lank in die finansi\u00eble markte gewerk en alles onder die son verhandel, van aandele en effekte tot opsies, termyne en komplekse afgeleides. Die afgelope vier jaar (vanaf 2000) is ek direk gemoeid by die stryd vir Afrikaans en Afrikanervoortbestaan in Suid-Afrika met betogings, briewe, verto\u00eb asook ander aksies. (&#8230;)<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk sien myself ook in Mallarm\u00e9 se terme: \u2018\u2019n Skrywer moet die slegte gewete van sy tyd wees.\u2019 Selfs Frits Kok van die ATKV het op \u2019n slag vir my ges\u00ea elke artikel wat ek skryf, laat hom die w\u00eareld op \u2019n nuwe manier sien.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOp \u2019n meer persoonlike vlak kan jy dalk die volgende noem: Benewens my voorliefde vir sjampanje en veral Louis Roederer Cristal, hou ek van goeie rooiwyn. My gunsteling Kaapse wyn is Le Bonheur Prima 1995, waarvan ek \u2019n paar goeie kartonne weggeb\u00eare het. Ek maak self my skoene skoon met byewaspolitoer wat ek al om die drie, vier jaar by \u2019n spesifieke winkel in Parys koop. Ek hou van ou boeke en ou motors, veral ou Lancia\u2019s, Maserati\u2019s en Ferrari\u2019s, maar moderne meubels en enigiets uit die ou Bauhaus-periode. Ek glo aan Mies van der Rohe se slagspreuk \u2018minder is meer\u2019, veral as dit by die omslae van Praag se boeke kom.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMy definisie van \u2019n utopie sou \u2019n w\u00eareld sonder Engels en lelike geboue wees, waar politieke mag nie meer op grond van \u2019n ho\u00eb geboortesyfer toegeken word nie, maar deur erkenning vir dit wat jou mense geskep het. Selfs al beleef die Afrikaner tans sy ondergang soos soveel mense beweer, laat dit om godsnaam met \u2019n knal en nie met \u2019n gekerm geskied nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In 2000 het hy aan Jansie Kotze ges\u00ea hy sal nie Suid-Afrika verlaat nie en in 2012 voel hy nog steeds so: \u201cEk sal maar liewer hier wou doodgaan op die rooi grond van Afrika. Ek glo my kinders sal ook wil bly, want hulle is baie Afrikaans al word hulle in Johannesburg groot. Hulle was op laerskool in die Voortrekkers en my dogter is op 16 reeds \u2019n bedrewe skryfster en dramaturg in Afrikaans. Indien hulle gedwing sou word om oorsee hul heil te gaan soek, sal dit daarom vir my baie hartseer wees en ek sal die gevoel h\u00ea dat ek in my stryd vir Afrikaans en Afrikaneroorlewing misluk het.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDaar is egter tans \u2019n baie groot Afrikanerbeweging aan die gang, sover ek kan sien, groter as ooit. Dit sal wel op vryheid of selfbeskikking uitloop. Al gaan dit tans beroerd, glo ek dat die draaipunt nie meer ver is nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In 2011 het Dan \u2019n lastereis van R600 000 teen Media24, Leopold Scholtz en Christo van der Rheede van die SBA ingestel nadat&nbsp;<em>Die Burger<\/em>&nbsp;op 22 Junie 2009 \u2019n brief van Van der Rheede geplaas het waarin daar na Dan Roodt verwys is as \u2019n rassis. Drie dae voor die brief het Scholtz in \u2019n rubriek geskryf dat die &#8220;naam van die eiser blykens (sy) openbare uitlatings met rassisme en apartheid verbind kan word.&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>Die lastereis is met koste deur die hooggeregshof van die hand gewys. Dan het dit as \u2019n &#8220;slag vir spraakvryheid en geregtigheid&#8221; beskou. Omdat die eis met koste van die hand gewys is, beteken dit dat die hof bevind het dat die stellings &#8220;waar of wesenlik waar&#8221; is.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan se reaksie hierop was: &#8220;Heel moontlik sien ons hier die eerste gevolge van \u2019n getransformeerde regbank waarin omstrede sake met rassekonnotasies konstant in die guns van die heersende ideologie en van politieke korrektheid beslis gaan word. Die deur word hiermee ook oopgemaak vir die verguising van dissidente en selfs haat\u00adspraak teen die blanke en Afrikaner-minderheid.&#8221; (<em>Beeld<\/em>, 15 Junie 2011)<\/p>\n\n\n\n<p>In&nbsp;<em>Die Burger<\/em>&nbsp;van 24 November 2011 het Ilse Bigalke in \u2019n artikel, &#8220;Van hekse kom nie altyd onheil&#8221; na Roodt verwys as verregs, \u2019n rassis en ekstreem en dit het, volgens Dan, hom &#8220;beswadder&#8221;. Hy het ook aangevoer dat die artikel &#8220;nie die konteks van \u2019n bespreking ten tyde van \u2019n televisieprogram oor wiskunde en swart prestasie&#8221; verreken het nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die nasionale persombudsman het egter ten gunste van&nbsp;<em>Die Burger<\/em>&nbsp;beslis nadat Dan daaroor gekla het.<\/p>\n\n\n\n<p>In Januarie 2012 het Dan aan Elmari Rautenbach in&nbsp;<em>Die Burger<\/em>&nbsp;(7 Januarie 2012) vertel dat hy \u2019n e-boek in Engels via Amazon.com se Kindle-stelsel uitgegee het onder die titel&nbsp;<em>Johannesburg in Five<\/em>. In die verhaal wat oor vyf minute in Johannesburg afspeel, word daar \u2019n moord in \u2019n parkeergarage in Sandton gepleeg, asook \u2019n moord deur \u2019n klomp mense op \u2019n Malawi\u00ebr in Diepsloot.<\/p>\n\n\n\n<p>James Joyce se&nbsp;<em>Ulysses<\/em>&nbsp;wat binne een dag in Dublin afspeel, was die inspirasie agter hierdie tema van Dan: &#8220;Daarom dag ek toe, waarom nie \u2019n halfuur, of selfs vyf minute van Johannesburg nie?&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Die genre van my so\u00adgenaamde &#8216;Kindle single&#8217; is \u2019n soort ontmoeting van James Joyce met \u00adMickey Spillane, vermeng met \u2019n ietsie van die Franse nouveau-roman.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJohannesburg is sinoniem met uitspattige inkopies en lukrake moorde, dus het ek dit in my storie probeer weergee. Dis ook baie eenvoudig \u00adgeskryf \u2013 vir die globale leser.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het verder aan Rautenbach vertel dat hy ook besig is om \u2019n bundel van sy \u00adessays in Engels saam te stel, wat hy ook as \u2019n e-boek wil publiseer, en verder werk hy ook aan twee romans in Afrikaans, \u2019n wetenskapfiksieverhaal oor \u2019n beskaafde planeet wat deur barbare uit die buitenste ruim binnegeval word, en \u2019n &#8220;lokasieroman\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk wou nog altyd \u2019n lokasieroman skryf. Eens op \u2019n tyd het my ouers naby die Alexandra-lokasie in Bramley gebly, en klokslag elke maand is by ons ingebreek. Dus meen ek ek het reeds \u00adervaring van die lokasielewe.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Hoekom is sy e-boek in Engels? \u201cWel, ongelukkig aanvaar Amazon slegs \u00adEngels, Frans, Spaans, Duits, Italiaans en Portugees. Miskien sal ek later Frans probeer; dit kan nogal pret wees! Ek wil ook vir Amazon kontak om hulle te vra wanneer hulle e-boeke in Afrikaans gaan begin publiseer.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEn dan was die Afrikaanse liter\u00eare establishment nog nooit baie ingenome met my skryfwerk nie. Hoewel ek slegs hier en daar iets in \u00adEngels geskryf het, dring \u2019n hele klomp mense in Amerika egter daarop aan dat ek meer in Engels skryf sodat \u00adhulle my \u00f3\u00f3k kan lees. Ek is nogal \u00adontroer deur \u2019n groep Amerikaanse \u00adstudente wat wil h\u00ea ek moet aanstaande maand in Februarie \u2019n konferensie in Washington bywoon, maar ek is nie seker of ek sal kan gaan nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dan was in 2012 in \u2019n polemiek oor Pretoria PEN, die skrywersvereniging waarvan Dan die voorsitter was. Volgens die skrywer Fanie Olivier het Pretoria PEN doodgeloop en het hy en John Miles en Pieter Haasbroek begin met \u2019n poging om dit te laat herleef. 22 van die 28 lede het hulle steun aan Olivier en kie toeges\u00ea en hulle is ook deur PEN se hoofkantoor in Londen erken.<\/p>\n\n\n\n<p>Kerneels Breytenbach, bestuurslid van die Afrikaanse Skrywersunie, het ges\u00ea dat hulle dit sal oorweeg om by Olivier se PEN aan te sluit, maar hulle stel geensins belang in Pretoria PEN met Dan Roodt aan die stuur nie.<\/p>\n\n\n\n<p>In Oktober 2012 is die eerste amptelike ledevergadering van PEN Afrikaans op Stellenbosch gehou. Dan Roodt het probeer om \u2019n interdik te kry teen die hou van hierdie vergadering. Hy het aangevoer dat Pretoria PEN nie doodgeloop het nie, maar dat daar agter die skerms gekonkel is om &#8220;die organisasie tot niet te maak&#8221;. (<em>Die Burger<\/em>, 22 Oktober 2012)<\/p>\n\n\n\n<p>Dan en Riana Scheepers was in Februarie 2014 in \u2019n onderonsie betrokke. Riana Scheepers se 80-jarige ouers is op hulle plaas in Vryheid, KwaZulu-Natal aangeval en Riana het aan \u2019n koerant ges\u00ea sy kan dit nie verstaan nie, want haar ouers was nie &#8220;twee rassiste wat in \u2019n wit toring gesit het nie&#8221;.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan se reaksie op Riana se Facebook-blad hierop was: &#8220;Verdien wit rassiste dan om aangeval te word? By implikasie s\u00ea jy (Riana) dat &#8216;wit rassiste&#8217; verdien om aangeval te word, want jou ouers is dan nie sulke mense nie. Is dit korrek? En wat is \u2019n wit rassis?&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>Riana het op Dan se skrywe as volg gereageer: &#8220;Dan, ek het waaragtig nie op die oomblik die energie om in \u2019n idiotiese polemiek betrokke te raak nie. Ek verwerp met min\u00adagting die insinuasies wat jy maak.&#8221; (<em>Rapport<\/em>, 11 Februarie 2013)<\/p>\n\n\n\n<p><em>Hierdie is &#8216;n effens verkorte weergawe van &#8216;n biografie wat op LitNet verskyn het en waartoe ek bygedra het. Ek sal binnekort &#8216;n verwerkte biografie hier plaas.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dan Roodt is op 26 Mei 1957 in die Verre Oos-Randse hospitaal op Springs gebore. Albei Dan se oupagrootjies aan moederskant het in die Anglo-Boereoorlog aan Boerekant geveg. Sy grootoupa Botha is gewond tydens die laaste veldslag van die oorlog by Rooiwal op 12 Januarie 1902. Sy grootoupa Landau, die Jood, was \u2019n wapenhandelaar vir [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"footnotes":""},"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/17"}],"collection":[{"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=17"}],"version-history":[{"count":2,"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/17\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":24,"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/17\/revisions\/24"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/danroodt.com\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=17"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}