Vryheid lê net om die draai

Die meeste mense besef nie hoe opwindend die tye is wat ons nou beleef nie. Ek het langer as 25 jaar hiervoor gewag. Reeds in 1987 het ek besef dat die ANC ‘n ramp vir die land sou wees, by ‘n vergadering by een of ander Duitse kerkgroep wat naby Stuttgart gereël is. Maar ons mense moes eers 30 jaar van kwasi-kommunistiese dwingelandy, plaasmoorde, taaldiskriminasie, armoede, werkloosheid, ens. deurmaak om hulle te oortuig dat ons nie langer só kan voortgaan nie.

En toe kom Trump… Reeds in 2016 het ek ‘n toespraak voor die Amerikaanse ambassade in Pretoria ten gunste van Trump gelewer. Sy eerste termyn was ‘n teleurstelling, maar danksy die sluipmoordpoging en alles wat Biden teen hom geslinger het, sien hy die wêreld nou deur ander oë.

Afrikaners is die enigste bondgenote waaroor Amerika in Afrika suid van die Sahara beskik! Ons het ‘n rol om te speel, maar veral het Amerika tans ‘n rol om namens ons te speël: hierdie kommunistiese zombies se greep op ons strot moet verwyder word. Dit kan nie gou genoeg gebeur nie.

Vryheid lê net om die draai. Maar ons moenie toelaat dat valse leierskap soos in 1994 alles verongeluk nie. In elk geval kan ons nie meer die parlement in Suid-Afrika ernstig opneem nie. Dis ‘n volslae klug en diegene wat daaraan deelneem, is bloot daar om salarisse te verdien en die heersende ideologie na te praat.

Die paaiers en diegene wat ‘n kompromie met die verdrukker wil aangaan, moet opsy staan.

Die Trumprevolusie in Amerika was iets geweldigs! Maar die revolusie gaan hierheen uitkring, so seker as wat ek hier voor my rekenaar tik. Die ANC is die swakste skakel in die ketting van die Trumpbewind se vyande. Dus gaan hy eerste waai!

Die Suid-Afrika van ouds gaan weer soos ‘n feniks uit die as verrys! Onthou Paul Kruger se profetiese woorde op 7 Februarie 1881:

“Met vertroue lê ons ons saak oop vir die hele wêreld. Hetsy ons oorwin, hetsy ons sterf: die vryheid sal in Afrika verrys soos die son uit die môrewolke, soos die vryheid verrys het in die Verenigde State van Noord-Amerika. Dan sal dit wees van Zambesi tot ons Simonsbaai: Afrika vir die Afrikaners.”

Afrikaner, Amerikaner, Eurokaner. Soos daardie Suid-Afrikaners wie se grafte ek so pas in Delvillebos, Frankryk besoek het, sal ons sy aan sy tot die laaste man veg. Nie dat ons tans met enigiemand handgemeen sal hoef te raak nie. Dis ‘n geveg met woorde. Al waaroor die zombiemag van die ANC beskik, is sy holle retoriek, sy rasseressentiment, sy leuens oor “die verlede”. En ons wéét ons is beter en slimmer.

Soos die woorde uit die pen van die Bloemfonteinsgebore skrywer, J.R.R. Tolkien, lui: “I bid you stand, Men of the West!”


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *