Author and academic | Skrywer en akademikus
Dan Roodt is a leading public intellectual from South Africa, writing fiction and essays on a variety of topics. Dan Roodt is ‘n leidende openbare intellektueel vanaf Suid-Afrika wat fiksie en essays oor ‘n verskeidenheid onderwerpe skryf.

Die PRAAG-webblaaie
Oor die afgelope aantal jare was daar verskeie kuberaanvalle op die PRAAG-webblaaie praag.co.za en praag.org – nugter weet waarom – en die laaste aanval het ons bediener heeltemal buite aksie gestel. Tot dusver is ons steeds besig met pogings om dít alles weer aan die gang te kry. Intussen sal ek berigte en kommentaar hier op my persoonlike webblad plaas. Ons het ook probleme met ABSA-bank ondervind sover dit ons debietorderstelsel betref en is besig om ‘n alternatief daarvoor te vind.
“Waar Jan Rabie in opstand kom teen die literêre pouse, Opperman en Van Wyk Louw, en die politieke maghebbers van die tyd, die Nasionale Party, kom Roodt in opstand teen die huidige literêre pouse onder wie André P Brink, Antjie Krog, Marlene van Niekerk én as verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Engelse literatuur, Nadine Gordimer. En op politiektaal- en kultuurpolitieke gebied teen die maghebber van óns tyd, naamlik die ANC.”
J.C. Steyn en H.P. van Coller
Professore van Afrikaans